Ampie, Radio Raps en Dricus du Plessis stel enkelsnit 'Allie Manne' vry
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Suid-Afrikaanse bekendes Ampie, Dricus 'Stilllknocks' du Plessis, Radio Raps en Hunter Kennedy het Vrydag hulle nuwe enkelsnit 'Allie Manne' vrygestel.
Vandag is 'n besonderse dag vir die Afrikaanse musiekbedryf, aangesien die talentvolle sanger Ampie sy nuwe enkelsnit, 'Allie Manne', op alle digitale platforms vrygestel het.
Hierdie opwindende lied is in samewerking met die bekende komediant Radio Raps, UFC vegter Dricus du Plessis, en die legendariese liedjieskrywer Hunter Kennedy opgeneem.
Om die nuwe enklesnit te vier het Ampie op Breakfast with Martin Bester se Friday Live opgetree.
Kyk die optrede hier.
"Allie Manne" is 'n lied wat geskryf is deur Ampie en Hunter Kennedy. Dit was aanvanklik bedoel vir Ampie se opkomende album vrystelling, maar toe besluit hy om die geleentheid te gebruik om saam met sy vriend te werk, Rikus de Beer (bekend as Radio Raps), om die lirieke en die lied in geheel te bespreek.
Dricus, wat onlangs sy geveg teen Robert Whittaker in die UFC gehad het, is 'n goeie vriend van Rikus.
Die bekende sanger het ook 'n foto van sy pragtige troudag gedeel.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
VIDEO: Dricus du Plessis teaches Aussie pranksters a lesson
You do not want to pick a fight with a UFC champion!
The Drive with Rob & Roz 50 minutes ago -
Air pollution fuels lung cancer among non-smokers: study
Air pollution is fuelling a rise in the commonest form of lung cancer am...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago