KYK: Bekende akteur deel skokkende ongeluk op sosiale media

KYK: Bekende akteur deel skokkende ongeluk op sosiale media

Die bekende sanger en akteur Willem Botha het Woensdag 'n video van 'n roekelose bestuurder in Pretoria gedeel.

WILLEM_BOTHA_ONGELUK
Facebook/ Skermgreep

Baie Suid-Afrikaners word daagliks gekonfronteer met wettelose en roekelose bestuurders op Suid-Afrikaanse paaie.

Die sanger en akteur Willem Botha het Woensdag sy ervaring met 'n roekelose bestuurder op sosiale media gedeel.

Willem Botha
Verskaf

In díe onlangse Facebook-plasing het Botha 'n video gedeel van 'n wit bakkie wat in 'n boom vasgery het op Hans Strydomweg in Pretoria.

LEES: Bekende internet-ster 'Kaas Bra' sterf

Die video wys hoe 'n wit bakkie van die pad af dryf, terwyl sy hele enjinkap opgelig is, wat duidelik die bestuurder se sig blokkeer.

"Net nog 'n normale dag in Pretoria op Hans Strydomweg," het Botha saam met die video op sosiale media geskryf.

In die video kan die passasier gesien word terwyl hy probeer om die enjinkap toe te maak, terwyl die voertuig steeds teen volle spoed ry.

Oomblikke later, toe die voertuig van die pad af beweeg, het die bakkie teen 'n boom vasgery.

"Of f*k, daar ry hy in 'n boom vas," het Botha in die video gesê.

Kyk hier:

"Ek het vir drie verkeersligte agter hulle gery met n oop voor bonnet," het Botha saam die video geskryf.

KYK: Hannon gee oud-Springbok 'n nuwe 'Glam Guru'-voorkoms

"Ek en soveel ander karre het vir hulle getoot en beduie hulle moet aftrek."

"En elke keer ry hulle verder en lag vir die mense wat verby ry en hulle waarsku. Die hele voorkant van die bakkie was reeds verkrummel! Nie een keer wou hulle aftrek nie."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories