Benoemings vir die 2024 Silwerskermtoekennings bekend

Benoemings vir die 2024 Silwerskermtoekennings bekend

Vanjaar se televisie-benoemdes vir die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat verskeie genres en formate insluit, is bekend gemaak. 

BRENDAN PEYPER OP MY EISH
YouTube/ Skermgreep

Die toekennings, wat die beste speelfilms en akteurs van die fees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) plaas.

By dié glansryke afsluitingsfunksie van die kykNET Silwerskermfees word die ikoniese blou tapyt vir die grootste sterre uitgerol en top-musikante gaan vir vermaak op die verhoog sorg.

Dit sal die volgende aand, Sondag 1 September, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

KYK: Minister Gayton McKenzie sing bekende Laurika Rauch lied

Vir die meer as 20 TV-kategorieë – waaronder beste akteurs, aanbieders en persoonlikhede – kom kykNET en Showmax-reekse wat tussen 1 April 2023 en 31 Maart 2024 vir puik televisievermaak gesorg het, in aanmerking.

Drie toekennings vir lewensbydraes in die televisiebedryf word ook gemaak. Die name van ontvangers sal op 15 Augustus aangekondig word.

'n Onafhanklike paneel kundiges krap reeds koppe om die kategoriewenners te bepaal, maar kykNET-intekenare kan ook hul mening lug oor wie Persoonlikheid van die jaar moet wees.

Kandidate vir Persoonlikheid van die jaar is 'Op my eish!' se Brendan Peyper en Rachelle Fourie; Derick Hougaard van 'Hougaard – Liefling van Loftus,' Avril Albetti van 'Die brug,' Anita Lloyd van 'Die Real Housewives van die Wynlande' en dan die wenners van 'Kokkedoor: Vuur en Vlam' – Karen Els en Gert Joubert.

Kykers wat wil stem, kan hul keuse maak op die kykNET-webwerf vanaf 5 Julie tot 5 Augustus.

KYK: Paartjie kry 'Faf de Klerk' om strooijonker op troue te wees

Hier is die TV-benoemings vir die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie:

Beste byspeler in 'n komedie

  • 'Magda Louw' - Gershwin Mias
  • 'Lui maar op, Belinda' - Annelisa Weiland
  • 'Taktiek' - Mandri Sutherland
  • 'Taktiek' - James Borthwick

Beste aanbieder in 'n vermaaklikheidsprogram

  • 'Wie word ’n miljoenêr?' - Rian van Heerden
  • 'Kyk wie praat' - De Klerk Oelofse
  • 'My ma kook beter as joune' - Early-B
  • 'Sê jou sê' - Aden Thomas

Beste aanbieder in 'n leefstylprogram

  • 'Ommighellie' - Frazer Barry
  • 'Elders: Frankryk' - Erns Grundling
  • '4 x 4 met André' - André de Villiers
  • 'Gee my krag' - Konrad Raubenheimer
  • 'Hier gaan ons alweer' - Petri de Wet
  • 'Lottoland: Help 'n dorp' - Leah van Niekerk
  • 'La't wiel' - Hannes Visser
  • 'Ysters op die landgoed' - Johnny Davids

Beste nuweling in 'n telenovela of sepie

  • 'Suidooster' - Jadon Booysen
  • 'Diepe Waters' - Diandré Slabbert
  • 'Binnelanders' - Megan Troskie
  • 'Arendsvlei' - Talia Davis
  • 'Wyfie' - Mienke Ehlers

Beste akteur in 'n komedie

  • 'Magda Louw' - Hannes van Wyk
  • 'Lui maar op, Belinda' - Chris van Niekerk
  • 'Taktiek' - Bennie Fourie
  • 'Taktiek' - Schalk Bezuidenhout

Beste aktrise in 'n komedie

  • 'Magda Louw' - Desiré Gardner
  • 'Lui maar op, Belinda' - Brümilda van Rensburg
  • 'Taktiek; - Leché Joubert
  • 'Taktiek' - Marion Holm

Beste aanbieder in 'n realiteitsprogram

  • 'In die sop' - Bertus Basson
  • 'Kokkedoor: Vuur en Vlam' - Bertus Basson en Kobus Botha
  • 'Op my eish!' - Jo Black

Beste ensemble-aanbiederspan

  • 'eNuus' - Jenna-Leigh Bilong, Daniëlla van Heerden, Barron Hufkie, Genée White, Echbert Boezak, Percivale Young
  • 'Ontbytsake' - Dawie Roodt, Charlene Lackay, Corli Prinsloo, Leon Gropp, Anika de Beer
  • 'Die groot ontbyt' - Pierre Breytenbach, Jennifer Myburgh, Jenna-Leigh Bilong
  • 'Kom ons praat daaroor' - Annelie Bouwer, Charonike Nel, Tanya de Vente-Bijker
  • 'Toks en Tjops' - Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie)

Beste byspeler in 'n telenovela of sepie

  • 'Suidooster' - Marco Spaumer
  • 'Diepe Waters' - Werner Coetser
  • 'Binnelanders' - Odelle de Wet
  • 'Arendsvlei' - Bobby Stuurman
  • 'Wyfie' - Marguerite van Eeden

Beste manlike byspeler in 'n drama

  • 'Hartklop' - Jacques Bessenger
  • 'Straat' - Wilhelm van der Walt
  • 'Die Byl' - Gershwin Mias
  • 'Koek' - Dawid Minnaar

Beste vroulike byspeler in 'n drama

  • 'Hartklop' - Carla Classen
  • 'Trompoppie' - Marion Holm
  • 'Koek' - Sandra Prinsloo
  • 'Koek' - Llandi Beeslaar

Beste aanbieder in 'n joernaalprogram

  • 'Kwêla' - Pieter Koen
  • 'Bravo!' - Ewan Strydom
  • 'Prontuit' - Kabous Meiring
  • 'Klop!' - Heindrich Wyngaard
  • 'Medies '- Darren Green

Beste aanbieder in 'n dokumentêre realiteitsprogram

  • 'Grondpad geloof' - Dana Snyman
  • 'Hougaard: Liefling van Loftus' - Rian van Heerden

Beste aanbieder in 'n geselsprogram

  • 'Roer' - Alfred Adriaan
  • 'KoppieTeeFontein' - Jak de Priester
  • 'Hannes aan Huis' - Hannes van Wyk
  • 'Laataand by Rian' - Rian van Heerden

Beste aanbieder in 'n aktuele program

  • 'In gesprek' - Lourensa Eckard
  • 'Grootplaas' - Mia Slabbert
  • 'Wie's nuus?' - Mia Spies
  • 'Sakegesprek met Theo Vorster' - Theo Vorster

Beste akteur in 'n drama

  • 'Die Byl' - Waldemar Schultz
  • 'Die Byl' - Marvin-Lee Beukes
  • 'Koek' - Stian Bam
  • 'Koek' - Jacques Bessenger

Beste aktrise in 'n drama

  • 'Hartklop' - Renate Stuurman
  • 'Die Byl' - Amalia Uys
  • 'Die Byl' - Milan Murray
  • 'Trompoppie' - Melissa Myburgh
  • 'Koek' - Cindy Swanepoel

Beste aktrise in 'n telenovela of sepie

  • 'Suidooster' - Jill Levenberg
  • 'Diepe Waters - Nadia Valvekens
  • 'Binnelanders' - Je-ani Swiegelaar
  • 'Arendsvlei' - Jolene Martin
  • 'Wyfie' - Beáta Green

Beste akteur in 'n telenovela of sepie

  • 'Suidooster' - Irvine van der Merwe
  • 'Diepe Waters' - Justin Strydom
  • 'Binnelanders' - Hykie Berg
  • 'Arendsvlei' - Jody Abrahams

Die wenners van die kykNET Silwerskermfees se ander kategorieë sal ook op Saterdag 31 Augustus tydens 'n oggend-toekenningsgeleentheid by The Bay-hotel aangekondig word.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: kykNET

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories