Friday Live: Die Droomsindroom is aansteeklik

Friday Live: Die Droomsindroom is aansteeklik

Droomsindroom het Vrydag luisteraars bederf met 'n optrede van hulle enkelsnit 'Hey, Sonneblom'. 

Droomsindroom
Supplied

Kirsten en Kyle Schlebusch, saam bekend as 'Droomsindroom', het Suid-Afrikaners behoorlik op hol gehad met hulle eerste enkelsnit 'Hey Sonneblom'.

Kirsten, 22, is die oudste van die twee boeties het reeds in 2019 sy enkelsnit 'Mia' vrygestel. Kyle, 15 is tans in Graad 9 en het sy broer in 2021 begin musiek maak. 

Friday Live: Loufi, flippen, Loufi sing 'Baas Van Die Plaas'

https://www.jacarandafm.com/shows/breakfast-martin-bester/friday-live-loufi-flippen-loufi-sing-baas-van-die-plaas/

Die broer-duo het Vrydag op Breakfast with Martin Bester luisteraars bederf met 'n optrede van hulle bekende enkelsnit. 

Droomsindroom het ook Vrydag hulle nuutste enkelsnit 'Afrika Son' bekend gestel.

"Daar is min dinge in die wêreld wat vir my so mooi is soos die Afrika Sonsak," sê Kirsten.

"Hierdie song is geskryf om vir enige iemand wat luister, daai 'proudly South African' gevoel te gee. Dit moet jou terug vat na uitverkoopte rugby games waar duisende mense saam skree vir die Springbokke as hulle wen, koeksusters eet met 'n koppie tee op die plaas, 'n lekker boereworsrol by 'n familie braai eet en daai warm gevoel wat jy kry as jy 'n mede Suid-Afrikaner oorsee raak loop."

Friday Live: Corlea Botha sing Adele se 'Rolling In The Deep'

Die broer-duo glo dat almal verskil, maar tog lewe almal saam onder die Afrika Son en deel dieselfde stresse, konflikte, geluk en toekomsdrome.

"Hierdie liedjie wil ons met almal deel en hulle weer bietjie moed en hoop gee vir ons mooi land."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories