Good Morning Angels: Kunstenaar Valiant Swart help sy vrou met stryd teen kanker
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die bekroonde sanger en skrywer Valiant Swart help sy vrou veg teen kanker.
AGTERGROND: Die bekroonde sanger, skrywer en kunstenaar, Valiant Swart, is al dekades lank deel van die Suid-Afrikaanse vermaak-familie. Hy het ’n unieke gawe met taal en melodie, wat veral met sy rol in die Afrikaanse-drama, 'Song Vir Katryn', en sy treffer, 'Sonvanger', deel van ons huishoudings geword het.
Valiant Swart se vrou en agent, Lanelle, stap die pad al vir baie jare saam met hom, "Lanelle is ’n ystervrou en super-ma vir ons kinders. Sy het haar hele lewe lank ’n aktiewe leefstyl geleef en nog altyd die fort gehou as ek op die pad moes wees. Limfedeem het haar alledaagse bestaan aansienlik verander."
Die Limfedeem waarna Valiant verwys, is in Lanelle se regterbeen opgetel, nadat sy twee jaar gelede ’n kankeroperasie ondergaan het. Die gevaar bestaan dat dit na haar linkerbeen en verder kan versprei. Buiten daarvoor dat dit baie pynlik is, sy ’n baie spesifieke oefen-en-eet-program moet volg, kan die toestand onbehandeld lei tot lewensgevaarlike bateriese infeksies. Plaaslik is daar nie meer wat vir Lanelle gedoen kan word nie en na wye navorsing het Valiant en Lanelle te hore gekom van mikro-sjirurgie om die limfedeem te behandel. Die prosedure is nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, maar een van die min spesialiste wat dit wel kan uitvoer is in Oxford, Engeland.
Nou moet hierdie ouer-paar van die Kaap net genoeg fondse insamel om die astronomiese onkostes van die operasie, asook die reis- en verblyfkostes te dek.
Na die moeilikste twee jaar in die vermaaklikheidbedryf, het Valiant besluit om van sy kosbaarste instrumente, handgeskrewe lirieke en ander unieke items by twee veilings te verkoop. Die eerste veiling-konsert is Donderdag-aand, 27 Januarie in Pretoria.
Kaartjies is reeds uitverkoop, maar die veiling sal regstreeks op YouTube gevolg kan word. Aanlyn en inbel-aanbod-aanbiedinge word ook aanvaar. Kliek hier.
Meer inligting is ook beskikbaar op Facebook.
VERSOEK AAN: Valiant en Lanelle Swart
VERSOEK VAN: Janine Rabie
ENGEL: The Good Morning Angels Fund NPC
BORG: Die GMA Fonds bestaan uit skenkings en donasies van ons Jacaranda FM-familie. Die fonds sal Valiant en Lanelle met R30 000 bystaan vir haar kankerbehandeling.
OORSPRONKLIKE VERSOEK:
Goeie môre almal,
Ek lees vanoggend 'n artikel oor Valiant Swart se vrou wat op die oomblik siek is.
En my hart breek vir hulle, ek love sy musiek en ek is seker daar is baie mense wat dieselfde voel.
Asseblief tog, Kan julle nie asb help nie? Die wêreld is so deur mekaar, daar is soveel hartseer.
Ek ken nie vir Valiant persoonlik nie, maar die mense kort hulp.
Hoop julle sal dit in julle harte vind om hier te help.
Baie dankie vir wie en wat julle in so baie mense se lewens is. Mag die Here julle hande seën in die wonderlike werk wat julle doen.
Vriendelike groete, liefde en lig!
Janine Rabie
Meer Op Jacaranda FM
Foto: Jacaranda FM
Show's Stories
-
SA woman shares story of singing with Green Day
On Sunday the 19th of January, Green Day performed at Soccer City to tho...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago -
Why 2025 has fewer public holidays than 2024
Have you locked in your leave days for the year yet?
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago