KYK: Bekende akteurspaar deel opwindende nuus

KYK: Bekende akteurspaar deel opwindende nuus

Die glanspaar het onlangs 'n video gedeel waarin hulle opwindende nuus gedeel het.

MILA GUY SWANGER FOTO
Instagram/ Mila Guy

Een van Suid-Afrika se bekendste akteurspaartjies, Mila Guy en Bennie Fourie, het in April 2023 uiteindelik die knoop deurgehaak na jare van vriendskap.

Mila het op Instagram die eerste foto's van hulle gelukkige dag begin deel met 'n foto van haar en haar man wat langs 'n kar staan waarop die woorde "Just Married" geskryf is. 

Nou het die paartjie nog goeie nuus gedeel: hulle is swanger!

Mnr. en Mev. Fourie het op Instagram 'n skreeusnaakse video gedeel waarin hulle hul swangerskap aangekondig het. 

Wat begin het as 'n ernstige video, wat lyk of die paartjie slegte nuus gaan deel, het vinnig ontaard in 'n spesiale oomblik.

"In die laaste paar weke was daar baie gerugte en spekulasie en ons het besluit om die stilte te breek," het die paartjie geterg.

"Ons gaan ook vir baie raad vra soos ons self deur hierdie navigeer."

Na die dramatiese begin van die video, het die paartjie uiteindelik die goeie nuus gedeel.

"Okay fine. Dis nie meer ek en Mila nie, dis ek en Mila en die baba," het Bennie gesê.

"Ek is swanger," het Mila bygevoeg.

Kyk hier:

Volgens die paartjie kom baba Fourie in Januarie 2025.

Gelukwense van ander bekendes het op sosiale media ingestroom:

Simoné Pretorius: "Dis die musiek vir my. Die hopping through frame. Die knee slide. What an announcement. Lief vir julle en baba F!"

Donnalee Roberts: "WooOoHoOoOoo!!! LOVE LOVE LOVE… julle hierdie is die BESTE NUUS OOIT. Get ready vir die GROOTSTE mees AMAZINGSTE lekkerrrrrste crazyste wonderlikste instenste LIEFDE van julle lewens!!'

Bouwer Bosch: "Beste afrikaanse kortfilm van die laaste 10 jaar. Geluk julle mooooooi mense!"

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Mila Guy

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories