KYK: "Dik Tril"-nommerplaat veroorsaak groot opslae
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Vir sommiges is díe nommerplaat vermaaklik, maar ander dink dit is "kommin". Wat dink jy?
Sosiale media verbruikers en Vrystaat-inwoners het gemengde gevoelens oor Willie Niemann, 'n buffelboer van die Vrystaat, se verpersoonlikte registrasienommer op sy wit Land Cruiser.
Die nommerplaat, "Dik Tril FS," het groot opslae veroorsaak en Niemann het selfs 'n brief van die LUR gekry om dit te verwyder.
KYK: Victor Matfield se oudste dogter skitter by matriekafskeid
Volgens Rapport het die 58-jarige wildboer 'n taalkundige geraadpleeg oor die woorde op sy nommerplaat en díe het bevestig dat dit nie aanstootlik of 'n swetswoord is nie.
Niemann vertel dat een van sy vriende aan hom gesê het dat sy voertuig 'n "dik tril"-voertuig is en dat dit nie daarop dui dat hy self "die een of ander big shot" is nie.
Tog het sy nommerplaat baie aandag getrek en alhoewel dit vir sommiges vermaaklik was het ander anstoot geneem oor die woorde.
Niemann het glo 'n brief van die LUR vir vervoer in die Vrystaat, Jabu Mbalula, gekry om te sê mense in die gemeenskap vind dit afstootlik en dat hy slegs 24 uur het om dit te verwyder.
Volgens die brief "wil dit voorkom asof Niemann regulasie 28A(2)(2) van die Nasionale Padverkeerswet, gelees saam met die Provinsiale Staatskoerant nommer 52 van 2002, oortree, deurdat die nommerplaat as aanstootlik van aard vir persone in die gemeenskap beskou word".
KYK: Appel stel eerste tweetalige country-lied vry
Luidens die brief kan Niemann aansoek doen vir 'n nuwe nommerplaat sonder enige kostes.
Willie stem wel nie saam met die versoek nie en sê dit is sy reg om verpersoonlikte registrasienommer te hê.
"Ek het geen wetgewing verontagsaam nie, ek probeer ook nie onnodig moeilik wees nie, maar ek het wettiglik die nommerplaat geregistreer en daarvoor betaal," het hy gesê.
"Ek het reg opgetree. Ek het R2,700 betaal. Hulle kan mens mos nie iets gee en dit nou terugtrek nie."
Hy het glo sy prokureur gevra om aan die LUR te verduidelik dat hy nie sy nommerplaat gaan verander nie, aangesien dit sy demokratiese reg is en wag nou terugvoering van die departement.
Niemann het reeds op 28 Augustus verlede jaar die nommerplaat in Boshof geregistreer.
Volgens Netwerk24 het die departement eers op 3 Julie vanjaar kennis geneem van die nommerplaat.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Skermgreep
Show's Stories
-
Agnes Keleti, world's oldest Olympic champion, dies at 103
Agnes Keleti, the world's oldest Olympic champion and Holocaust survivor...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
WhatsApp to stop working on specific iPhone models
If you own an older iPhone, there might be some issues using WhatsApp so...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago