KYK: Dozi en Nádine se nuwe 'love song' is hier!
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Twee Suid-Afrikaanse legendes Dozi en Nádine het Vrydag 'n nuwe enkelsnit vrygestel. Dozi het met Breakfast with Martin Bester oor die nuwe projek gesels.
Die legendariese Suid-Afrikaanse sanger Dozi het Vrydag die goeie nuus dat hy 'n nuwe enkelsnit vrygestel het met Breakfast with Martin Bester gedeel.
Wat die nuus nog meer opwindend maak is dat die beeldskone Nádine saam Dozi op die nuwe enkelsnit sing.
"Ek het Nádine gekies... sy het 'n amazing stem, so dit was baie lekker gewees om die projek saam haar te doen."
Die paar se stemme komplimenteer mekaar pragtig in wat die sanger beskryf as een van sy diepste love song nog.
'Toe Die Engel Aan Die Water Raak' is nou beskibaar op alle platforms.
Luister hier:
Volgens Huisgenoot is 'Toe Die Engel Aan Die Water Raak' gebore op Dozi se kleinhoewe in samewerking met sy klankingenieur, Byron Kuntz, sy baskitaarspeler, Michael Phillips, en die liriekskrywer Francis Grobler.
Hy het ook einde verlede jaar 'n album uitgereik, en die volgende een is glo op pad.
Die 'Grassade In Die Wind'-sanger het ook bevestig dat hy volgende maand op 23 Maart sy 60ste verjaarsdag gaan vier, maar dit beteken nie dat die sanger gaan afskaal nie.
Huisegenoot berig dat die sanger vir die eerste keer in 10 jaar deur die land gaan toer.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: YouTube/ Skermgreep
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Woman uses frozen veggies as a substitute for her ice cubes
Does this mean she can consider this part of her daily vegetable intake?
The Workzone with Alex Jay 7 hours ago -
Drouble Family Play World at Centurion Mall
"Get ready for Drouble – your all-new entertainment centre, where family...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 7 hours ago