KYK: Hannon gee oud-Springbok 'n nuwe 'Glam Guru'-voorkoms

KYK: Hannon gee oud-Springbok 'n nuwe 'Glam Guru'-voorkoms

Díe oud-Springbokspeler is die eerste man wat Hannon Bothma onder sy vlerke ingeneem het op die gewilde reeks, 'Glam Guru'.

HANNON_BOTHMA_JACO_KRIEL
Instagram/ Screenshot

Die bekende voorkomstransformasie-reeks 'Glam Guru' is terug vir die 23ste keer sedert die reeks se ontstaan.

'Glam Guru' se eerste episode, van die nuwe seisoen, het reeds op 3 Oktober om 17:30 op kykNET uigesaai en hierdie keer was dinge bietjie anders.

Vir die eerste keer sedert die reeks begin het, het die skoonheids- en modeghoeroe Hannon Bothma 'n man se voorkoms vernuwe.

KYK: Janie Bay en Hunter Kennedy stel nuwe enkelsnit vry

"Ons luister na ons kykers wat vir ons vertel wat hulle graag wil sien. En vir jare het ons al uitnodigings gekry van wonderlike kykers wat graag wil hê dat ons manlike kandidate moet transformeer," sê Hannon Bothma.

"In hierdie reeks het ons besluit dit is presies wat ons gaan doen. So, ons kyk na die uitdagings van mans."

Oud-Springbok-flank en voormalige kaptein van die Leeus, Jaco Kriel, was die eerste man wat Bothma onder sy vlerke ingeneem het.

LEES: Jean de Villiers reveals his pick for the greatest Springbok player ever

"Soos vir baie ander sportmanne is dit 'n uitdaging om die kopskuif te doen van sportman na sakeman, waar hy op meer as sy sportvernuf moet staatmaak," sê Hannon Bothma­, die aanbieder van 'Glam Guru'.

Voor:

JACO_KRIEL_GLAM_GURU_VOOR
Netwerk24/ Jaco Kriel Voor

Na:

JACO_KRIEL_GLAM_GURU_NA
Netwerk24/ Jaco Kriel Na

Na Bothma die 37-jarige besigheidsman aan die hande gekry het spog hy met 'n nuwe haarstyl en -kleur, en 'n mooi geskeerde baard.

"Jaco het 'n sterk, manlike gesigvorm. Sy hare, wat baie kort aan die kante gesny en effens langer bo-op die kop gelos is, laat hom selfs meer atleties vertoon," sê Bothma.

'Glam Guru' se mode-stilis, Lizel van der Westhuizen, het ook vir Kriel, wie deesdae 'n motiveringspreker is, raad gegee vir sy klerekas.

KYK: 'Diepe Waters'-karakter groet in tragediese einde

Sy het vir hom gesê om op netjies-informeel te fokus as dit by klere kom.

"Dra 'n formele blazer saam met 'n netjiese T-hemp vir 'n smart casual-uitrusting," het Van der Westhuizen gesê.

Sy het ook voorgestel dat hy 'n swart of donkerblou denim daarby dra.

"Jou belt en skoene se kleur moet dieselfde wees."

Kyk hier:

Bron: Netwerk24

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Lions Rugby

Show's Stories