KYK: Maroon 5 se Adam Levine praat Afrikaans
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Amerikaanse-popster, Adam Levine, het onlangs Afrikaans gepraat tydens 'n konsert in Suid-Afrika.

Talle Suid-Afrikaners het die afgelope twee naweke sosiale media op hol gehad met plasings van die Calabash-konsert wat in Kaapstad en Johannesburg plaas gevind het.
Van die grootse plaaslike sterre soos TiMO ODV, Shekhinah en Will Linley was te sien sowel as internasionale sterre soos Ava Max.
KYK: Maroon 5 se Adam Levine praat Afrikaans
Een groep het wel die grootste opgewondeheid gekweek onder Suid-Afrikaners – Maroon 5.
Nie net het die groep Suid-Afrikaners vermaak met van hulle grootste treffers nie, maar hoofsanger, Adam Levine het ook besluit om Afrikaans te praat tydens die Kaapstad-konsert
Kyk hier:
@c_yan_duh_ he actually did quite well😂 #calabashsouthafrica #maroon5 #adamlevine #concert #capetown ♬ original sound - c_yan_duh_
Hy het begin deur te verduidelik dat Afrikaans 'n baie moeilike taal is en dat hy sy vrou, Behati Prinsloo van Namibia gevra wat hy kon sê.
KYK: Samantha Leonard and Ruhan du Toit stun with Calum Scott’s 'Rise'
Uiteindelik het hy Afrikaans gepraat waar hy aan die gehoor gesê het, "Julle lyk baie mooi."
Levine het ook genoem dat dit iets is wat hy gereeld vir sy vrou sê.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Parents warned over "disturbing" risks of online game Roblox
Researchers have warned parents about what they call a "deeply disturbin...
Breakfast with Martin Bester 29 minutes ago -
LISTEN: Would you drink cockroach milk?
This is not a belated April Fool's but a real superfood on the rise.
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago