KYK: Massiewe brander bars deur restaurant se venster
Updated | By Breakfast with Martin Bester
'n Paartjie van Kaapstad het die oomblik wat 'n fratsgolf deur 'n restaurant se venster gebars het op kamera vasgevang.

Armin Jordaan en Charné Hugo was besig om foto’s te neem toe hulle die oomblik vasgevang het.
Die paartjie was by Brass Bell-restaurant-en-kroeg in Kalkbaai toe die brander ongeveer 14:30 deur die restaurant se venster gebars het.
KYK: Sanger Arno Jordaan deel video van brandende Sun City gebou
Hugo het foto’s van die voorval op sosiale media gedeel en geksryf, “Wat 'n tyd om te lewe”.
Die video wys hoe die paartjie na die kamera kyk terwyl die brander agter hulle groei.
Jordaan het ook in die video opgemerk dat daar "'n groot een kom" na 'n paar ander branders reeds teen die venster geslaan het.
Hier is die video:
Volgens berigte is niemand tydens die voorval beseer nie.
KYK: Juan Boucher sing 'Who The Faf Is Alice' op Friday Live
Díe fratsgolf was een van vele massiewe branders wat oor die naweek talle kusgebiede in die Oos- en Weskaap verwoes het.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Prince Harry resigns from southern Africa charity
Prince Harry has quit as patron of a charity he founded in southern Afri...
The Drive with Rob & Roz 52 minutes ago -
WATCH: What's behind the rise of mom club nights'?
In a chic Paris nightclub not far from the Champs-Elysees, dozens of mos...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago