KYK: Seun laat sosiale media gons met 'Lyfie'-danspassies
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Leerders van Laerskool Randfontein het sosiale media aan die gons oor 'n video van hulle wat op Bernice West se 'Lyfie' dans.
Een ding is seker: Suid-Afrikaners is mal oor musiek, dans en lekker tye.
'n Liedjie wat Suid-Afrikaners se voete laat jeuk op enige plek en tyd, is Bernice West se gewilde liedjie 'Lyfie'.
KYK: Kurt Darren gaan jou laat hop met splinternuwe enkelsnit
Die liedjie het reeds vir lekker vastrap oomblikke gesorg op sosiale media, soos wat die Suid-Afrikaanse danspassies regoor die wêreld versprei is.
'n Onlangse video wat op Laerskool Randfontein se Facebook-groep gedeel is, het weereens vir vermaak en vreugde gesorg.
Die video wys hoe leerders hulle beste danspassies uithaal, terwyl hulle op West se 'Lyfie' dans.
Een oulike leerder het veral uitgestaan met sy passievolle danspassies soos hy met oorgawe beweeg en gedans het asof sy lewe daarvan afhang.
KYK: Appel stel eerste tweetalige country-lied vry
Die video het reeds baie aandag op sosiale getrek, met baie mense wat die seuntjie se danspassies prys.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Skermgreep
Show's Stories
-
Baby takes first place in crawling competition
Who said bum shuffling wasn't an acceptable form of racing..
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
This tightly parked car reminded people of Januworry
Have you ever looked at a parking job and wondered, "How did they manage...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago