MÓÉT-KYK: Hollywood-ster Katy Perry praat Afrikaans
Updated | By Etienne Bruwer
Die Amerikaanse-popster, Katy Perry, het onlangs Afrikaans gepraat - nadat 'n Suid-Afrikaanse sanger van Centurion sy oudisie op 'American Idol' afgelê het.
Stefan Benz, 'n Suid-Afrikaanse sanger van Centurion het onlangs 'n verskying op die Amerikaanse weergawe van 'Idol' gemaak in die hoop om 'n gouekaartjie Hollywood toe te kry.
Tydens sy oudisie het die 16-jarige 'n roerende weergawe van Brian McKnight se 'One Last Cry' gesing, wat hom 'n gouekaartjie direk na Hollywood gewaarborg het.
LEES: Is Adele dalk verloof?
Ten einde sy oudisie, het die 'American Idol' beoordelaar, Luke Bryan vir Benz gevra hoe om "you're going to Hollywood" in Afrikaans te sê.
Die paneel beoordelaars, waarvan Katy Perry een is, het Benz se drome laat waar word toe hulle "jy gaan Hollywood toe" ten volle bors geskree het.
In sy plasing op Instagram, skryf die Suid-Afrikaanse sanger dat hy nooit gedink het hy sou vir Katy Perry en Luke Bryan Afrikaans leer nie.
Hy het ook in 'n ander plasing sy dankbaarheid en geluk oor die gouekaartjie gedeel.
LEES: Ontmoet Suid-Afrika se 'Tarzan van George'
"Ek het die 'American Idol' gouekaartjie. Sien julle in Hollywood. Dankie aan almal vir al die liefde en ondersteuning. Ek sien al die kommentaar, plasings, tags en my reis begin nou eers."
Benz het sy musiekdebuut op Jacaranda FM se Jacaranda Day in 2017 gemaak en vandag is naam bekend onder van die grootste sterre, onder andere Jennifer Lopez, Avril Lavigne en Charlie Puth.
Viral sensation Stefan Benz: From Jacaranda Day stage to taking over the world!
Hier is die oorspronklike weergawe van die lied 'One Last Cry':
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Video of penguin waiting patiently affirms their politeness
Who knew penguins were this polite?
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago -
Muddy kids make mom question when schools open
We loved how excited these kids were about playing in the garden. It is ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago