SA musikante hou fondsinsamelings-konsert vir rapper Angie Oeh
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Suid-Afrikaanse musikant het in 'n sosiale media-plasing bevestig dat sy met fase vier longkanker gediagnoseer is.

Die 24-jarige rapper, Angelique Greef, beter bekend as, Angie Oeh van Maandag die hartverskeurende nuus bevestig dat sy met longkanker gediagnoseer is.
Greef het openlik haar skok oor die diagnose gedeel en vertel hoe die kanker haar reeds fisies affekteer.
LEES: 'Ek is bang' - SA musikant deel fase vier longkanker diagnose
"Hoe def*k gebeur so iets so vinnig sonder dat jy weet of dit voel…
"Nou is ek so siek ek moet iemand vra om vir my 'n water bottle aan te gee wat reg langs my staan," het sy geskryf.
Behalwe vir die geweldige emosionele en fisise spanning wat dit veroorsaak vertel die rapper ook oor die finansiële druk wat dit op haar sit.
"Ek't nie die emotional gemoed of die geld om die te doen nie… as enige iemand my kan help met iets wat R200,000 gaan kos asb, help my."
KYK: Sanger Juan Boucher verklap geslag van nuwe baba
As gevolg van die dringendheid van die situasie het talle Suid-Afrikaanse musikante ingespan om 'n fondsinsamelings-konsert vir Greef te hou.

Kunstenaars soos Loufi, Karlien van Jaarsveld, Van Pletzen en Jacaranda FM se eie Martin Bester sal Woensdag 30 Augustus by Railways Café in Irene optree.
Kry jou kaartjies hier.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Looking at pictures of your partner improves relationship
Who doesn't like looking at cute baby pictures?
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago -
WATCH: Viewers confused by Meghan Markle's "recipe" on show
The Duchess of Sussex is the star of a new Netflix show 'With love, Megh...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago