KYK: Sanger Dirk van der Westhuizen maak diagnose bekend
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Suid-Afrikaanse sanger het onlangs foto's van homself in die hospitaal gedeel na 'n onverwagse siekte hom platgetrek het.
Suid-Afrikaanse sanger Dirk van der Westhuizen het Maandag foto's op sosiale media gedeel waar hy aangekondig het dat hy gehospitaliseer is.
Alhoewel hy aanvanklik nie geweet het wat fout is nie het die bekende sanger Woensdag aangekondig dat hulle uiteindelik weet wat die hoë infeksietelling, erge hoofpyn en lyfpyn veroorsaak het.
KYK: Bekende sanger gehospitaliseer vir onbekende siekte
"Weet uiteindelik wat met my aangaan - ek het Human Rhinovirus/Enterovirus - julle hierdie voel erger as toe ek Covid gehad het," het hy geskryf.
"Dr sê daar is nie juis behandeling vir die nie, hulle hou my net op pynmedikasie en doen physio behandelinge."
Die sanger moes ongelukkig ook 'n vertoning wat Vrydag in Meyerton sou plaasvind uitskuif.
In 'n opvolg plasing het Van der Westhuizen ook gesê dat hy 80 keer 'n uur op hou asem haal terwyl hy slaap.
"[Ek] moet nou permanent met 'n masjien slaap wat seker maak ek hou aan asem haal deur die nag. Dr sê my brein kry nie genoeg suurstof nie."
Van der Westhuizen het Maandag 'n foto gedeel waar hy op die hospitaalbed lê en daarby geskryf dat hy erge hoofpyn en lyfpyn het, sowel as 'n baie hoë infeksietelling. Ander simptome sluit ook in naarheid en duisligheid.
"Dis scary hoe vinnig dinge kan verander - dag twee in die hospitaal en nog nie seker wat fout is nie," skryf die sanger.
KYK: Handré Pollard deel eerste foto van babaseuntjie
"Dink nie my kop en lyf het al ooit so gepyn nie. Die papierwerk sê: 'Unspecified acute lower respiratory infection'."
Die bekende sanger wie onlangs sy nuutste enkelsnit 'Komeet' vrygestel het, het wel nie hoop verloor nie en skryf daar is altyd iets om voor dankbaar te wees.
"Die lewe hardloop so vinnig by mens verby dat mens soms vergeet om regtig elke oomblik te waardeer en voluit te leef."
"Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees en altyd 'n rede om te smile."
KYK: Dirk van der Westhuizen bewaarheid kankerpasiënt se droom
'n Ander foto wat die 'Gooi Jou Suiker Op My'-sanger gedeel het wys waar hy suurstofmasker dra. In die plasing het sy aanhangers bedank vir al die "boodskappe en gebede".
Van der Westhuizen het ook ander Suid-Afrikanser gewaarsku teen die siekte.
"Hierdie virus is aaklig en ek hoor baie mense raak nou siek. Pas julle asb mooi op," het hy geskryf.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Skermgreep
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Soborno Bari, the first 12-year-old to attend NYU
Asian-American Soborno Isaac Bari is a child prodigy and hopes to become...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 20 hours ago -
Baby girl excited that Dad bought her a new dress
The grown-up look she gives her mother is truly priceless.
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 20 hours ago