KYK: Tannie Joyce van Middelburg vermaak Martin Bester met danspassies
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Tannie Joyce van Middelburg het weereens bewys ouderom maak nie saak nie!

'n Video wat onlangs op sosiale media duisende Suid-Afrikaners se harte gesteel het is bewys dat jy voluit kan lewe maak nie saak hoe oud jy is nie.
Die video wys hoe 'n tannie met haar energieke danspassies spog by 'n petrolstasie in Middelburg.
KYK: Bekende laerskool in Brakpan spog met 24 tweelingpare
Sy roer behoorlik haar voete terwyl sy op Jak de Priester sê 'Roer Jou Voete' dans.
Die 83-jarige tannie Joyce Watkins het Donderdag op Breakfast with Martin Bester gekuier om met haar danspassies in die ateljee te spog.
Sy het vir Martin Bester vertel dat ten spyte van haar keelkanker en finasiële probleme lewe sy haar lewe voluit!
Om bietjie hulp te bied het Good Morning Angels ook vir tannie Joyce R10,000 se Angel Rands gegee.
KYK: Tannie van Middelburg spog met unieke danspassies by petrolstasie
Tannie Joyce se gees en energie het talle mense geïnspireer en laat besef hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.
"Mens is so oud soos wat jy voel.Tannie is 'n voorbeeld vir ons almal. Het die dansie baie geniet, tannie moet ons daardie "moves" leer."
"Tannie is my hero."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
KYK: Die moeilikste Afrikaanse woorde om uit te spreek
As jou moedertaal nie Afrikaans is nie, kan dit moeilik wees om seker wo...
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago -
VIDEO: Man escapes from Jeppe Magistrates Court top floor
The incident was captured on video in Johannesburg as it took place!
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago