KYK: Tannie van Middelburg spog met unieke danspassies by petrolstasie
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Een ding is verseker Suid-Afrikaners het gees maak nie saak hoe oud nie!

Nou nie om te spog nie, maar Suid-Afrikaners is 'n unieke groep mense.
Ons sin vir humor, passievolle geaardheid, verskeidenhied tale en kulture en natuurlik ons gees laat ons uit staan van die res van die wêreld.
KYK: Bernice West en Bok van Blerk se nuwe enkelsnit
'n Video wat onlangs op sosiale media duisende Suid-Afrikaners se harte gesteel het is bewys van net hoeveel gees ons het, maak nie saak hoe oud nie.
Die video, wat reeds meer as 146,000 kyke het, wys hoe 'n tannie met haar energieke danspassies spog by 'n petrolstasie in Middelburg.
KYK: Refentse skok met sy weergawe van 'Voshaarnooi'
Sy roer behoorlik haar voete terwyl sy op Jak de Priester sê 'Roer Jou Voete' dans.
Kyk hier:
Tydens die video merk die aanbieder ook op dat "sy al amper 80 is, so sy mag maar."
Die video bewys net weereens dit maak nie saak hoe oud jy is nie, jy kan nogsteeds die lewe geniet en laf wees.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Chinese man pulls out Zambuk to prove he's South African
This social media video had many South Africans declaring him a true Sou...
The Workzone with Alex Jay 17 hours ago -
Mother shares how she knows when her husband has shopped
Who buys all the junk in your home?
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 17 hours ago