KYK: Victor Matfield se oudste dogter skitter by matriekafskeid

KYK: Victor Matfield se oudste dogter skitter by matriekafskeid

Springboklegende Victor Matfield se oudste dogter, Jaime, het onlangs haar matriekafskeid gevier.

VICTOR_MATFIELD_EN_TWEE_DOGTERS
Instagram/ Skermgreep

Die 2024 skooljaar is amper op 'n einde en talle matriekleerders het oor die laaste paar maande hulle beste uitrustings uitgehaal om die matriekafskeid-seisoen te vier.

Deel van hierdie jaar se matriekafskeidvieringe was Bok-legende, Victor Matfield, se oudste dogter, Jaime.

Matfield het onlangs foto's van sy oudtse dogter in haar pragtige matriekafskeidrok op sosiale media gedeel.

KYK: Amor Vittone en Joost van der Westhuizen se dogter vier matriekafskeid

Jaime, wie 'n leerder by Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria is, het behoorlik asems weggeslaan in 'n elegante silwer sjampanjekleurige rok wat deur Casper Bosman ontwerp is.   

"Jy het so pragtig gelyk my meisiekind," het hy op sosiale media geskryf.

Kyk hier:

In ander foto's wat die voormalige Springbokslot op Instagram gedeel het staan die hele gesin, Victor, sy vrou, Monja, en hulle twee jonger dogters, Giselle en Tasmin saam Jaime - almal uitgevat in swart vir die geleentheid.

"My familie," het Matfield daarby geskryf.

"Dis ongelooflik hoe die tyd vlieg," het die Springbok-legende aan Huisgenoot gesê.

"Veral as die kinders in die hoërskool kom, gaan dit baie vinnig." 

"Dit was wonderlik om haar matriekafskeid as 'n gesin saam te kon vier en te sien hoe mooi sy lyk en hoe volwasse sy geword het."

"Meisies Hoër het 'n fantastiese aand aangebied," sê Victor.

"Haar vriend, Ryno van Rooyen, het ook die aand vir haar lekker gemaak. Hulle het baie goed connect, lekker saamgekuier en afterparty gehou. Ek glo sy is reg vir die lewe ná skool."

KYK: Bekende akteur deel skokkende ongeluk op sosiale media

Volgens Huisgenoot gaan Jaime volgende jaar B.Com regte aan die Noordwes-universiteit in Potchefstroom studeer waar sy ook gaan netbal speel vir die universiteit.

"Ek is baie gelukkig dat ek 'n baie goeie verhouding met al drie my dogters het," sê Victor. 

"Jaime geniet die sport baie en ek en sy bring baie tyd saam deur te oefening. Ek help haar om doele te oefen en probeer om daar te wees om haar te ondersteun."

Alhoewel haar pa 'n bekende sportster is, kry Jaime glo haar sporttalent van albei kante.

"Haar ma was op skool 'n provinsiale kortafstandatleet en hokkiespeler, so die spoed kom definitief van haar af. Ek was maar 'n gewigstotertjie. Maar Jaime hou nie van verloor nie, so sy het daardie deursettingsvermoë wat dalk van my af kom."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories