'What a miracle it will always be' - Karlien van Jaarsveld deel bababoep
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Dit is vir seker die mooiste foto wat Karlien van Jaarsveld Donderdag met haar volgelinge gedeel het!
Karlien van Jaarsveld het Donderdag ’n foto gedeel van haar wat sy oorspronklik in 2017 op Instagram geplaas het.
Van Jaarsveld verduidelik dat sy haar dogter, Elah se lewe wil dokumenteer en die foto opgespoor het.
Sy se swangerskap sal altyd ’n wonderwerk wees.
I hardly ever post #ThrowbackThursday but I’m going through some stuff to document Elah’s things... and found this. I LOVE a pregnant woman 😍 what a miracle it will always be Sept 2017. Grootste voorreg!- Karlien van Jaarsveld
Van Jaarsveld het ’n strawwe 2019 sover gehad met Elah wat in die hospitaal was. Die 'Rooilipsoene'-sanger se lewe het drasties verander nadat haar dogter met portal thrombosis en hypertension gediagnoseer is.
Van Jaarsveld skryf in 'n Facebook-inskrywing wat sy vroeg in Februarie geplaas het; ‘Ek dink nie my geloof was al ooit so getoets soos in hierdie laaste paar dae nie, om te sien hoe dinge van sleg na slegter gaan en dan steeds te vertrou dat God nog dieselfde is as gister, nogsteeds goed, nogsteeds IN die situasie is, dat Hy nie nou iewers heen verdwyn het of gaan wegkruip het nie, maar steeds langs my sit op hierdie steek-gebergte in die Suide, en my babatjie diep in Sy binne-vlerk bêre.’
Show's Stories
-
The world’s 30 Best Places to Work for 2024 revealed
The highly anticipated Best Places to Work World Rankings for 2024 have ...
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
Map shows where in the world South Africans want to live
There is one country that is the most appealing for moving South African...
The Drive with Rob & Roz an hour ago