LUISTER: Die Suid-Afrikaanse dokter wat die perfekte moord in Nieu-Seeland wou gaan pleeg | True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe

LUISTER: Die Suid-Afrikaanse dokter wat die perfekte moord in Nieu-Seeland wou gaan pleeg | True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe

Toe Dr Colin Bouwer sy vrou en twee kinders in 1997 na Nieu-Seeland toe trek, het niemand daaroor gewonder nie, maar hulle het nie geweet van Colin Bouwer se plan om sy vrou oorsee te gaan vermoor nie. 

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is terug met ‘n nuwe seisoen!
JacPod

Toe Colin Bouwer sy vrou en twee kinders in 1997 na Nieu-Seeland toe trek, het niemand daaroor gewonder nie, maar hulle het nie geweet van sy skokplan om sy vrou oorsee te gaan vermoor nie.

Colin Bouwer was 'n uiters bekwame psigiater wat 'n invloedryke pos in Nieu-Seeland aangebied is en saam met sy vrou en twee jong kinders op die heuwels bo 'n skilderagtige strand gebly het. 

Hulle het voorgekom as die gesin wat alles het, totdat Annette Bouwer skielik dood is.

Episode 5 vertel die storie oor hoe Annette Bouwer se man haar vermoor het, deur haar stadig te vergiftig...

Luister na dié week se episode:

Kersfees 1999 was 'n baie moeilike tyd vir die Bouwer-gesin.

Annette Bouwer was baie siek en haar man, Dr Colin Bouwer, het aan vriende en familie vertel dat sy net enkele dae oor het om te leef.

Dr Colin Bouwer
Dr Colin Bouwer (FOTO: Youtube/Nicole Claire)
Annette Bouwer
Annette Bouwer (FOTO: Youtube/Nicole Claire)

Die egpaar se twee jong kinders moes toekyk hoe hulle geliefde ma al swakker word, terwyl dokters in Nieu-Seeland kop gekrap en toetse gedoen het om te probeer vasstel wat Annette se siekte veroorsaak.

Wat niemand egter geweet het nie, is dat haar man, Dr Colin Bouwer, op daardie stadium al vir maande lank sy vrou vergiftig het as deel van sy plan om haar dood te maak.

Dit sou later in die hof gestel word dat Dr Colin Bouwer sy gesin Nieu-Seeland toe getrek het omdat hy gereken het dit was die land om die perfekte moord in te gaan pleeg.

Bouwer House in New Zealand
Die Bouwers se huis (FOTO: Youtube/Nicole Claire)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op JacPod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste podgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

Intussen kan jy hier luister na verlede week se episode oor die moord op Hlompho Mohapi Koloi:

Luister na al die vorige episodes hier:

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde 'True Crime South Africa'-reeks.

Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa
Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa/Facebook/@nicolengelbrecht

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad podtooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' potgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die podgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder: 

Show's Stories