Vrou, ma, reeksmoordenaar – Daisy de Melker | True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe

LUISTER: Vrou, ma en reeksmoordenaar - Daisy de Melker | True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe

Daisy de Melker was Suid-Afrika se eerste vroue reeksmoordenaar. 

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is terug met ‘n nuwe seisoen!
JacPod

Sy het in die 1920s opspraak gemaak as die vrou wat twee van haar mans en haar eie seun vergiftig het in 'n tyd toe niemand durf dink het dat 'n vrou sulke moorde sou kon pleeg nie. 

Dié episode vertel Daisy de Melker se lewensverhaal, hoe dit gekom het dat sy soveel van gif geweet het, en wat sy met dié kennis sou doen.

Luister na dié episode:

Daisy de Melker het in 'n tyd geleef waar niemand onraad gemerk het toe sy twee van haar mans en haar seun begrawe het na 'n skielike siekbed nie.

Haar bure in Germiston het net medelye gehad met dié arme vrou wat soveel hartseer moes deurmaak.

Niemand het haar ooit verdink as die moordenaar nie.

Daisy de Melker
Daisy de Melker (FOTO: Wikipedia)
Daisy de Melker in her earlier years
Daisy de Melker toe sy jonger was (FOTO: Facebook)

Maar uiteindelik was dit die moord op haar tiener seun wat tot haar inhegtenisneming gelei het, en die naam wat sy gegee het toe sy die gif gekoop het.

Die moord verhoor het soveel mense getrek dat sitplekke in die hof in Johannesburg verkoop is, soos wat die publiek die vrou wou sien wat soveel mense vermoor het.

Sy is in die Rebecca begrafplaas in 'n ongemerkte graf begrawe en daar het personeel vir jare daarna nog vol gehou het Daisy se spook rond loop.

Luister na verlede week se episode hier:

Luister na al die vorige episodes: 

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op JacPod

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe' is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde 'True Crime South Africa'-reeks.

Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa
Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa/Facebook/@nicolengelbrecht

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder: 

Show's Stories