LUISTER: Die moord wat Pofadder soos 'n slang kom pik het | True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe

LUISTER: Die moord wat Pofadder soos 'n slang kom pik het

Inwoners van die klein Noord-Kaapse dorpie, Pofadder, is in 2020 tot stilstand geskok toe een van hulle spog-seuns, Leon Brits, vermoor is.

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is terug met ‘n nuwe seisoen!
JacPod

Asof die ontdekking van Leon Brits se liggaam in sy swembad nie erg genoeg was nie, het die onthulling van die meesterbrein agter dié moord, die gemeenskap in ongeloof gelaat. 

Luister na die tweede episode van 'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe':

Leon Brits was 'n bekende in Pofadder en omliggende gebiede – van skool af, het mense van hom geweet. 

Leon Brits en Gesin
Leon en Suretha Brits (Foto: Facebook)

Hy was hoofseun, het die eienaarskap van die plaaslike hotel by sy ouers oorgevat en het ander besighede begin.

In Oktober 2020 het dié normaalweg stil deel van die land hoof opskrifte gemaak toe Brits gewelddadig in sy eie huis vermoor en sy liggaam in sy swembad gegooi is.

Gerugte het inwoners op hol gejaag oor die motief en die polisie moes inspring om die gemoedere te kalmeer.

Sy weduwee, Suretha, het vertel hoe sy die stukkies van hulle lewens weer moes optel saam met hulle jong kinders.

Wat niemand egter kon voorspel nie, was dat die pragtige Suretha skuldig sou pleit dat sy die drie verdagtes betaal het om haar man dood te maak. 

Suretha Brits
Suretha Brits (Foto: Facebook)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op JacPod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

Luister na verlede week se episode wat die ware misdaad verhaal vertel van Ananias Mathe:

Jy kan ook na al die vorige episodes luister:

'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe' is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde 'True Crime South Africa'-reeks.

Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa
Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa/Facebook/@nicolengelbrecht

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' potgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met 'n potgooi-reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder: 

Show's Stories