LUISTER: Die Springs Huis van Gruwels | True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe

LUISTER: Die Springs Huis van Gruwels | True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe

Op 'n kouerige aand in Mei 2014, klim 'n tingerige seun met net 'n kortbroek aan oor die muur om hulp te soek by die bure. 

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is terug met ‘n nuwe seisoen!
JacPod

Die jong seun se hulpkreet het daartoe gelei dat die owerhede die deure oop kon gooi van 'n huis waar gruwel dade in Springs ontbloot is. 

Die derde episode van dié reeks vertel die storie oor een van die mees skokkende gevalle van kindermishandeling om ooit in Suid-Afrika oopgevlek te word.

Luister na die derde episode van 'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe':

Hierdie episode oor die ware misdaad verhaal van die Springs Huis van Gruwels kom met 'n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor kindermishandeling, seksuelemishandeling en kinderverwaarlosing.

Springs House of Horrors Book.JPG
Amazon.com

Op 20 Mei 2014, stop 'n span wat van 17 polisie beamptes en drie maatskaplikewerkers voor 'n indrukwekkende twee-verdieping huis in 'n besige straat in Springs aan die Gautengse Oos-Rand.

Die owerhede het gereageer op 'n oproep van die buurvrou wat bekommerd was oor die welstand van die gesin in dié groot huis, nadat 'n 11-jarige seuntjie by hulle kom hulp soek het.

Op die oog af het dit gelyk soos 'n mooi huis in 'n normale buurt.

Maar wat op daardie dag in die huis afgekom is, het selfs geharde kinder-beskermingsbeamptes geskok gelaat.

Die storie oor die welstand van die vyf kinders in die huis en waaronder hulle moes bly saam met hulle pa en ma, het Suid-Afrika tot stilstand geskok en die daaropvolgende hooggeregshof saak het ook internasionale opskrifte gemaak. 

Springs House of Horrors Mother .jpg
Die Ma in die hof (Foto: Jacaranda FM)
Springs House of Horrors Father .jpg
Die Pa in die hof (Foto: Pieter van der Merwe)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op JacPod

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

Luister na verlede week se episode:

Luister na al die vorige episodes hier:


True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde 'True Crime South Africa'-reeks.

Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa
Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa/Facebook/@nicolengelbrecht

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met 'n potgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse-reeks, hieronder: 

Show's Stories