Geliefde sanger 'Thys die Bosveldklong' sterf

Geliefde sanger 'Thys die Bosveldklong' sterf

Die sanger Thys Streicher, beter bekend as 'Thys die Bosveldklong', is Saterdagaand in 'n Pretoriase hospitaal oorlede. 

Thys die Bosveldklong
Facebook

Die geliefde sanger, Thys die Bosveldklong, is Saterdagaand oorlede. 

Hy was 49 jaar oud. 

Volgens Maroela Media, was hy vir 13 weke in die hoësorgeenheid van die hospitaal opgeneem. 

LEES: "Hoeveel tyd is daar nog oor?" - Jan Bloukaas deel skoknuus

In 2019, was hy gediagnoseer met veelvoudige sklerose (MS). 

Hy was vir 'n ruk lank bedlêend. Sy gesondheid het intussen verswak en hy het einde April eers breinvliesontsteking opgedoen en daarna 'n beroerte gehad. 

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories