Luister: Die Kroonstad-Spoor-ramp

Luister: Die Kroonstad-Spoor-ramp

Suid-Afrika is in Januarie 2018 geruk deur 'n gru-spoor-ramp toe 'n Shosholoza Meyl-passasiers-trein en 'n trok in Kroonstad gebots het.

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe S3
Jacaranda FM

Chaos het op die toneel uitgebreek sowat 10 minute na die ongeluk toe passasiers besef het hulle is vas gekeer in van die brandende waens – waarvan die deure geseël was.

Die passasiers trein was besig om vakansie gangers terug te ry huis toe na die Desember-vakansie en die ongeluk het opslae gemaak regoor die wêreld.

Hierdie is die laaste episode van die huidige seisoen:

Die Shosholoza Meyl-passasiers-trein was op 4 Januarie 2018 oppad Gauteng toe met moeë vakansie gangers wat na die Desember-vakansie en Feesseisoen by die huis wou kom.

Maar 24 van die passasiers op die vol gepakte trein sou nooit weer terug gaan huis toe nie – hulle is dood nadat die trein met ’n trok gebots het.

Die trok bestuurder het oor 'n spoor kruising buite Kroonstad in die Vrystaat gery, reg voor die aankomende trein in.

Kroonstad Rail Disaster
AFP
Lugfoto van die Kroonstad Spoor Ramp
Lugfoto van die Kroonstad Spoor Ramp (Foto: www.gov.za)
Ontspoorde trein trokke (Foto: arrivealive.co.za)
Ontspoorde trein trokke (Foto: arrivealive.co.za)

Die trein het ontspoor en sewe van die twaalf passasiers waens het aan die brand geslaan.

Van die passasiers was in die waens vas gekeer, toe hulle nie die geseëlde deure kon oopkry nie, terwyl van die brandblussers ook nie gewerk het nie.

Die trok bestuurder en sy passasiers het die ongeluk oorleef en is in hegtenis geneem.

Die daaropvolgende ondersoek het egter bevind dat die trok bestuurder nie al die blaam kon dra vir die dood van die passasiers nie. 

Luister na al die vorige episodes:

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is ‘n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op Jadpod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht 2024 bio photo
Nicole Engelbrecht (Foto: Verskaf)

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:

MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories