Luister: Die 'Modimolle-monster'

Luister: Die 'Modimolle-monster'

Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei, maar hy het 'n ander plan gehad...

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe S3
Jacaranda FM

Kotzé was nie van voorneme om die egskeidingsdokumente te onderteken nie.

In plaas daarvan, wou hy Ina eerder 'n les leer en hy wou seker maak haar grootste nagmerrie word bewaarheid. Wat Kotzé daardie dag in Januarie in 'n Limpopose-dorp aan Ina gedoen het, sou hom die bynaam gee as die 'Modimolle-monster'.

Hierdie episode het ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor geslagsgeweld en uiterste geweldteenoor vroue.

Luister na hierdie week se episode: 

Johan Kotzé en Ina Bonette was vir minder as 'n jaar getroud, toe sy en haar dogter finaal uitgetrek het en sy Kotze laat weet het sy wil van hom skei.

Hy het vir haar gejok, het al hoe meer beherend geraak oor wat sy moet dra en hoe haar hare moet lyk, hy het al hulle meubels verkoop en het ook meer aggressief geraak.

Johan Kotze in die hof (Foto: Jacaranda FM)
Johan Kotze in die hof (Foto: Jacaranda FM)
Ina Bonnette Book
Ina Bonnette se boek "From victim of the Modimolle Monster to victory" (Foto: Facebook/Ina Bonnette)
Ina Bonnette
Facebook/ Ina Bonnette

Op 3 Januarie 2012, nooi Kotzé sy vervreemde vrou na sy huis in die Limpopose-dorp van Modimolle, onder die valse voorwendsel dat hy die egskeidingsdokumente uiteindelik sou teken.

Wat Kotzé egter beplan het, is om Ina te sien lei en om haar mees vreesaanjaende nagmerrie voor sy oë te laat waar word.

Hy het reeds drie mans gaan oplaai en wat by die huis gewag het om Ina te verkrag.

Sy is ook erg deur Kotzé seksueel gemartel, aangerand en haar borste is vermink.

Steeds was dit nie die ergste nie.

Kotzé het Ina se seun, Conrad, in die gang buite die slaapkamer doodgeskiet waar sy hulpeloos op die bed gelê en als gehoor het.

Hy is tydens sy verhoor ontmasker as die 'Modimolle-monster'.

Hy is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê en 'n addisionele 10 jaar vir ontvoering.

Daarna, moes Ina die stukkies van haar lewe weer begin optel en het begin om 'n baken van hoop te word vir vroue wat slagoffers is van geslags geweld.

In Januarie 2014, het Ina op Jacranda FM se destydse "Complimentary Breakfast" vertel hoe sy haar kop om hoog moes hou, toe sy oor-en-oor deur mense vertel is dat sy onder eed in die hof gelieg het oor presies wat Kotze aan haar gedoen het.  

Luister na al die vorige episodes van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe hier:

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is ‘n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op Jadpod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht 2024 bio photo
Nicole Engelbrecht (Foto: Verskaf)

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:

LISTEN TO MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories