Luister: Die moord op Gabriela Kabrins Alban

Luister: Die moord op Gabriela Kabrins Alban

Die mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe 'n Amerikaanse-toeris vermoor gekry is in een van die kamers van 'n luukse hotel.

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe S3
Jacaranda FM

Gabriela Kabrins Alban en haar kêrel van Guatamala was in Suid-Afrika, waar hy behandeling gekry het vir sy dwelmverslawing. 

Die polisie ondersoek sou in eienaardige rigtings gaan van alternatiewe medisyne, hallusinerings en moontlike betrokkenheid van 'n berugte internasionale bende. Dit alless gemeng met miljarde rande se familie 

fondse.

Luister hier na die hele episode: 

Gabriela Kabrins Alban was 39 jaar oud toe sy in Kaapstad geland het, nadat haar kêrel haar oorreed het dat hy in Suid-Afrika hulp gekry het vir haar Lymes se Siekte.

Kabrins Alban was tot op daardie stadium 'n onafhanklike vrou met haar eie maatskappy en 'n wel-af familie in Amerika – desperaat opsoek na genesing teen die siekte wat haar afgetakel het.

Maar in teenstelling met beterskap, het Kabrins Alban in Suid-Afrika na haar moordenaar gevlieg.

Diego Dougherty Novella, van Guatamala, het aan polisie belei dat hy haar in die kamer van hulle 5-ster hotel vermoor het.

Hy het aangevoer dat hy deur hallusinerings oogevat is en aan ’n geestes siekte gely het.

Gabriela Kabrins Alban (Foto: Facebook/GabyAlban)
Gabriela Kabrins Alban (Foto: Facebook/GabyAlban)
Gabriela Kabrins Alban
New York Times
Diego Dougherty Novella (Foto: Univision.com)
Diego Dougherty Novella (Foto: Univision.com)

Die verhoor sou wêreld wyd opslae maak, en die twee rouende families na Suid-Afrika bring.

Die polisie ondersoek het owerhede in verskeie rigtings stuur, maar in die hartjie van die verhaal was die kwessie van huishoudelike geweld en ’n vrou wat die geld gehad het vir mediese behandelings enige plek op aarde, wat op die gruste van maniere deur ’n geliefde vermoor is.

Luister na al die vorige episodes:

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is ‘n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op Jadpod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht 2024 bio photo
Nicole Engelbrecht (Foto: Verskaf)

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:

MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories