Luister: Die moord op Isaac Miggels

Luister: Die moord op Isaac Miggels

Die agt-jarige Isaac Miggels het uitgesien na 'n sorglose Desember-vakansie op 'n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag.

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe S3
Jacaranda FM

Miggels se ouers het hom plaas toe gestuur om by sy twee ouma's te gaan kuier, juis omdat hulle nie wou hê hy die hele skool vakansie en feesseisoen in die gevaarlike strate van hulle buurt op die Kaapse Vlakte moes spandeer nie.

'n Stryery met drie ander jong seuns op die plaas het egter tot 'n tragedie wat die familie se vakansie planne in 'n nagmerrie laat ontaard het. 

Isaac Miggels het 'n baie goeie rapport gekry aan die einde van sy Graad 2 jaar en sy ouers het hom beloon met 'n hele Desember vakansie op 'n plaas in die Wes-Kaap, waar altwee sy ouma's gewerk en gebly het.

Boonop was daar ook 'n reeks moorde op jong seuns in die gebied van die Kaapse Vlakte waar die Miggels-familie gebly het en Isaac se ouers het gereken dit sou ook die perfekte manier wees om te verseker hulle agt-jarige seun is nie op straat tydens die ses-weke lange vakansie nie.

Isaac Miggels (Foto: True Crime South Africa)
Isaac Miggels (Foto: True Crime South Africa)

Isaac was egter net 'n paar dae op die plaas, toe hy een oggend spoorloos verdwyn.

'n Soektog lei tot die gru-ontdekking van sy liggaam in die plaas dam.

In 'n skok beleidenis, erken drie jong seuns – tussen die ouderdomme van sewe en 10 jaar oud – dat hulle met Isaac stry gekry en hom aangeval het.

Hulle het geskrik toe hy nie beweeg nie en sy liggaam in die dam in getrek.

Hierdie moord het die klem gelê op die Wet op Kinderregte en wanneer jong kinders strag regtelik aangekla kan word.

Die vraag oor of jong kinders wel 'n moord kan beplan en uitvoer.

Luister na al die vorige episodes:

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is ‘n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op Jadpod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht 2024 bio photo
Nicole Engelbrecht (Foto: Verskaf)

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:

LISTEN MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories