Luister: Die moord op Jayde Panayiotou

Luister: Die moord op Jayde Panayiotou

Jayde Panayiotou het op die oggend van 21 April 2015 spoorloos verdwyn terwyl sy langs die straat gestaan en wag het vir haar vriendin om haar te kom oplaai sodat hulle saam kon ry werk toe...

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe S3
Jacaranda FM

Dit het net vyf minute gevat vir Jayde om vermis te raak vanwaar sy gestaan het voor die ingang na die kompleks waar sy en haar man gebly het. 

Min het haar familie en die land geweet dat die man naaste aan Jayde die een sou wees wat haar moord gereël het. 

Dié episode vertel die ware web van leuens wat aan die lig gekom het toe Christopher Panayiotou vir sy vrou se moord verhoor is...

LUISTER HIER: 

Jayde Panayiotou was 28 jaar oud toe sy in April 2015 in die toe Port Elisabeth van langs 'n straat verdwyn het.

'n Reuse soektog is regoor die stad afgeskop en plakkate is versprei met die geliefde onderwyseres se gesig op.

Haar familie het nog gehoop dat sy ontvoer is vir 'n losprys en dat hulle haar sou terugkry, maar 'n dag later is haar liggaam gekry.

Jayde Panayiotou
Jayde and Christopher Panayiotou in gelukkiger tye (Foto: Facebook)
First witness to take the stand in Jayde Panayiotou murder trial
Christopher Panayiotou in die hof (Foto: ECR Images)

Die polisie het vinnig besef daar was meer agter dié moord – en die ondersoek het die gemeenskap geskok.

'n Informante netwerk, 'n buite egtelike verhouding en 'n geheime telefoon opname het Jayde se rouende man, Christopher Panayiotou, in die middel van die ondersoek geplaas.

Christopher Panayiotou is later daaraan skuldig bevind dat hy sy vrou laat vermoor het in 'n verhoor wat die land geskok gelaat het.

Luister na al die vorige episodes:

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is ‘n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op Jadpod.

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht 2024 bio photo
Nicole Engelbrecht (Foto: Verskaf)

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op. Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse. 'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word. Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel. Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'. Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:

MORE ON TRUE CRIME SOUTH AFRICA - DIE AFRIKAANSE WEERGAWE


Show's Stories