LUISTER: Die moord op Lucky Dube
Updated | By Gerda de Sousa
Gewilde Suid-Afrikaanse reggae sanger, Lucky Dube, is in 2007 doodgeskiet bloot omdat hy in die verkeerde kar gery het, op die verkeerde tyd...

Die 43-jarige Dube het daardie aand gedoen wat ouers met tieners elke naweek doen – rondry om sy kinders te gaan op- en aflaai.
Die kapers het vol gehou hulle het nie geweet wie agter die stuurwiel was nie, hulle wou net sy kar hê.
Sy sinnelose moord het die land geskok en die wêreld se fokus geplaas op die verhoor van die bende motor kapers.
Luister hier na die episode...
Die aand van 18 Oktober 2007 het soos enige ander in die Dube gesin se huis begin – hy het reg gemaak om sy tiener seun en dogter by familie te gaan aflaai waar hulle wou gaan kuier het.
Min het die gewilde sanger geweet dat sy Chrysler C200 motor hoog op die lys was van motors wat deur kapers gesoek is.
Die groep misdadigers kon nie hulle geluk glo toe hulle Dube se motor in die straat in Rosettenville in Johannesburg sien indraai nie.
Toe Dube besef hy is omring deur kapers, het hy gedoen wat elke ander ook sou – hy ry agter uit om die kapers se aandag af te lei van sy twee kinders wat nog nie veilig in die huis was nie.
En daarvoor het Dube betaal met sy lewe.

Die nuus van die reggae ster se moord het Suid-Afrika in skok gedompel en die ondersoek en verhoor het vir hoof opskrifte gesorg regoor die wêreld.
Tot in sy dood, het Dube Suid-Afrika gehelp omdat die saak sou lei tot nuwe wyses van forensiese ondersoeke deur die staat wat toekomstige slagoffers van misdaad vir ewig sou help.
Luister na al die vorige episodes:
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is ‘n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op Jadpod.
Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.
Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.
Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa.

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.
Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.
'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.
Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.
Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.
Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.
Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:
MORE ON JACARANDA FM
Show's Stories
-
Unique performance art has people confused
What may seem unusual for one is called art for another...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 9 hours ago -
Papachinos: Fun for the whole family
Beyond the exciting kiddie zones, the stylish décor creates an inviting ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 9 hours ago