Luister: Die reeksmoordenaar, Sipho Thwala
Updated | By Gerda de Sousa
Sipho Thwala het een van Suid-Afrika se mees berugte reeksmoordenaars
geword...

Thwala het in 'n informele nedersetting op 'n heuwel gebly, waar hy sou sit en uitkyk oor die hektaars plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het.
Die polisie het kop gekrap totdat dit aan die lig gekom het dat een vrou uit Thwala se kloue ontsnap het en hom kon uitken...
Luister hier na die episode:
KwaZoeloe-Natal se duisende hektaars suiker riet plantasies het nie net werk gebied aan mense in die omgewing van KwaMashu nie - in 1996 en 1997 het dié suiker riete inwoners ook vrees bevange gehad nadat hulle gehoor het van die reeksmoordenaar wat vroue teiken.
Hy sou die vroue by 'n taxi staanplek voorkeer en vra of hulle belangstel om in 'n plaaslike hotel te werk.
Die vroue sou dan saam met Thwala stap, nie na 'n beter toekoms nie – maar na hulle dood.


Vir die polisie was dit 'n dringende stryd teen tyd om hom te vang voor hy nog moorde pleeg.
'n Totaal van 16 liggame is tussen die suiker riete gekry – almal reeds so erg ontbind en in beheerde brande verbrand dat geen DNS monsters van die moordenaar gekry kon word nie.
Geen van die vroue kon ook uitgeken word nie.
Maar Thwala se kat-en-muis speletjie met die polisie sou eindig toe owerhede hoor van 'n vrou wat van Thwala ontsnap het en hom kon uitken.
Dié vrou het tydens die verhoor ’n stem gegee aan al die vermoorde vroue en die reeks moordenaar in die hof in die oë gekyk.
Dit is steeds nie seker presies hoeveel vroue deur Thwala vermoor is nie.
Luister na al die vorige episodes:
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is ‘n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op JacPod. Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.
Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.
Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa.

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.
Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.
'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.
Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.
Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.
Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.
Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:
MORE ON JACARANDA FM
Show's Stories
-
End picky eating: Dietitian gives advice
Our guest this week is Kath Megaw, paediatric dietitian and founder of N...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago -
WATCH: This dad's method to get a pram up the stairs
If it isn't obvious by now, dads have a knack for doing things in the mo...
The Workzone with Alex Jay an hour ago