Luister: Die Stander-bende, vertel deur Jo Black
Updated | By Gerda de Sousa
True Crime South Africa -
die Afrikaanse Weergawe is terug met 'n splinternuwe seisoen!

Die eerste episode van seisoen 3 vertel die verhaal van die Stander-bende en die polisiebeampte wat in die 1980s sy vrye tyd gebruik het deur banke te beroof.
Die legende van André Stander en sy bende het die hele land – en later selfs tot in Amerika – mense vas gevang.
Dis 'n storie waarmee gewilde Afrikaanse-sanger, Jo Black, ook in sy huis groot geword het omdat albei sy ouers aan die voorpunt was van misdaad bekamping.
In hierdie spesiale episode, leen Jo Black sy stem om dié ware misdaad verhaal te vertel.
Luister hier:
Die 1980s het in Suid-Afrika afgeskop met 'n landwye soektog na 'n polisiebeampte wat banke beroof het wanneer hy nie aan diens was nie.
André Stander se misdaadtog het Suid-Afrikaners beide geskok en gefasineerd gelaat – die polisie man wat uit sy tuis provinsie in Gauteng, KwaZulu-Natal toe gevlieg het oor naweke om daar banke te gaan beroof.
Maar dit was net die begin...
Stander is gevang, skuldig bevind en tronk toe gestuur en dit was dáár waar die Stander-bende gebore is.
Saam met Allan Heyl en Lee McCall het die bende van drie hoof opskrifte gemaak met hulle ontsnapping, gewapende rooftogte en 'n soektog wat tot in Amerika gestrek het.


Maar dit was nie net aksie rolprent materiaal nie – André Stander se misdade het ook 'n donker wolk gegooi oor van sy slagoffers nadat klagtes van onder andere ook verkragting aan die lig gekom het.
Dié stukkie Suid-Afrikaanse-misdaad-geskiedenis was al die inspirasie agter talle boeke, dokumentêre reekse, rolprente en liedjies, en die legende rondom die Stander-bende lewe steeds voort.

Hierdie spesiale episode word vertel met behulp van bekende Afrikaanse sanger, Jo Black.
Die storie oor André Stander is baie na aan Joese hele familie, met sy pa en ma wat senior range gehad het in die polisie en misdaad bekampings kringe toe Stander in die polisie was.
Jare later het Jo ook agter gekom dat hy die musiek wêreld deel met Ernie Amos, Stander se seun.

True CrimeSouth Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op JacPod.
Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het. Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.
Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa.

Luister na al die vorige episodes hier:
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op. Sy is die skepper van die gewilde True Crime South Africa en 'I Lived Through This' podgooi-reekse. True Crime South Africa is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.
Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.
Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.
Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.
Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:
MEER BY JACARANDA FM
Show's Stories
-
Japanese barber, aged 108, crowned the oldest in the world
A 108-year-old Japanese woman has been certified the world's oldest barb...
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
Wendy Williams rushed to hospital after disturbing letter
The former talk show host and media mogul, Wendy Williams, was rushed to...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago