LUISTER: Die ware misdaad verhaal van Ananias Mathe | True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe

LUISTER: Die terreur tog en Houdini verhaal van Ananias Mathe

'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe' is terug met 'n nuwe seisoen! 

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is terug met ‘n nuwe seisoen!
JacPod

Seisoen 2 skop af met die storie van 'n man wat Suid-Afrikaners wou laat glo dat petroleumjellie hom gehelp het om uit een van die mees beveiligde tronke in die land te ontsnap! 

Ananias Mathe was regoor die land berug vir sy kul-jou-hier-kul-jou-daar verhaal. Maar syne was meer van 'n terreur veldtog as 'n onskuldige tower kunsie – en sy dramatiese ontsnapping bly steeds 'n raaisel. 

Luister hier:

Ananias Mathe het tot in 2016 by Suid-Afrikaners gespook met die legende dat hy soos die bekende towenaar, Houdini, uit een van die land se mees streng bewaarde tronke sou ontsnap het.

Hy het wel die eerste gevangene geword om uit die toe C-Max tronk in Pretoria te ontsnap, maar dit was nie omdat hy sy jellie besmeerde lyf by die venster van sy tronksel kon uitkry nie.

Ananias Mathe
MICHELE SPATARI / AFP

Dit was ook nie die enigste rede hoekom die publiek so belang gestel het in die Mathe-saak nie.

Voor hy in C-Max op geëindig het, het hierdie Mosambiekseburger 'n vrees aanjaende misdaad tog oor verskeie buurte en in vier provinsies gevoer waartydens hy vroue verkrag, beroof en probeer vermoor het.

Dit terwyl sy familie in Mosambiek geglo het hulle man en pa maak sy geld in Suid-Afrika deur 'n eerlike werk.

In Mosambiek, was Mathe 'n man van die kerk, wat nie gedrink of gerook het nie. 

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse podgooi reeks, eksklusief op JacPod

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste podgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

Luister na die ander episodes: 

'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe' is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde 'True Crime South Africa'-reeks.

Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa
Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa/Facebook/@nicolengelbrecht

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad podgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' podgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die podgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder: 

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebasseer op die 'True Crime South Africa' podgooi reeks deur Nicole Engelbrecht.

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories