Mevrou brul oor die brille en pille

LUISTER: Mevrou brul oor die brille en pille

Dit was nog nooit 'n probleem vir die Mevrouens om ou(er)d te word nie, totdat die proses van vitamines en die daaglikse aanvullings hulle lewe begin oorheers het.

Mevrou Mevrou S2 E2
Jacaranda FM

Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het nog altyd geglo oud, maar nie koud nie. Nou sing hulle skielik 'n ander deuntjie nadat die skok van die skielik verswakkende oë ook die gesprekke begin oorheers. In dié episode betreur die Mevrouens die stand van brille en pille.

Luister na episode twee hier:

Dianne Broodryk het met 'n skok agter gekom hoe haar familie se gesondheid, die jongste besoeke aan die dokter en die nuwe dosisse medisynes nou deel van hulle alledaagse gesprekke geword het.

Om nie eers te praat van Dianne Broodryk se jongste besoek aan die oogkundige nie - behalwe vir die prys van die brilraam en die nuut getoetste lense, moet sy ook vrede maak met die oë wat verswak.

Gerda de Sousa het nie die oog probleem nie – haar oë raak beter, maar sy verstaan nie die mediese wetenskap goed genoeg om agter die kap van dié byl te kom nie.

Vir haar is die probleem dat almal om haar nou dieselfde voorskrif het – niemand kan meer naby sien nie.

Dis die alewige gesoek na 'n bril in die huis wat die Mevrouens se koppe laat draai.

As daar nou net 'n pilletjie was daarvoor, sou dit sin maak...

Mevrou Mevrou S2 E2 Banner
Jacaranda FM

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou mobile image with 532px
JacPod

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

'Mevrou Mevrou' word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.

Luister na die vorige episodes:

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories