LUISTER: Mevrou blaas stoom af oor die nuwe kragmeter

LUISTER: Mevrou blaas stoom af oor die nuwe kragmeter

Daar was aanvanklik groot afwagting in Mevrou se huishouding vir die installering van die nuwe elektrisiteitsmeter, maar dit het nou ontaard in huismoles. 

Mevrou Mevrou S2 Ep 4
Jacaranda FM

Noudat almal kan sien presies hoeveel krag alles trek en waarvoor opgedok word, is dit 'n gekners van tande om te onthou wie die geiser elke dag moet aan- en afskakel.

In dié episode word Dianne Broodryk warmer as 'n gasketel, terwyl Gerda de Sousa deur die stoom probeer soek na die lig in die donker tonnel...

Luister na Episode 4 hier:

Dianne Broodryk en haar gesin het halleluja-liedere gesing toe hulle huis ook uiteindelik die elektrisiteitstoestel gekry het wat hulle toelaat om elektrisiteit aan te koop soos wat hulle dit benodig.

Vergete is die dae van die lesing by die kragboks hoef te kry om seker te maak hulle betaal net vir wat hulle gebruik.

Maar hulle vreugde was kortstondig, want dit het nie lank gevat voor dié Mevrou en haar huishouding ook die harde les geleer het van hoe vinnig jy die krag sien uitloop.

Gerda de Sousa sit reg met raad – sy was al op 'n stadium die elektrisiteitsmeter polisievrou van haar gesin en sy weet hoe om die sweep te klap oor die geiser skedule.

Die Mevrouens hou nie van kragteloos voel nie, en hulle is reg vir dié krag stryd. 

Mevrou MEvrou S2 Ep 4 Banner

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou aan jou gebring deur Arrie Nel Apteekgroep
JacPod

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.

Luister na die vorige episodes:

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories