LUISTER: Mevrou se jaar van oorvloed en klippe kou
Updated | By Gerda de Sousa
Mevrou kyk terug na 2024 as die jaar wat die
grootmens-lewe wenke die lewe sommer baie makliker gemaak het.
Gerda de Sousa het uiteindelik geleer hoe om die sloop om die duvet te trek, terwyl Dianne Broodryk die krag gekry het om beheer te vat oor die nuwe geyser skedule.
Hulle het gelag, gehuil, woede uitbarstings oorleef, stoom af geblaas en die lewe weer deur nuwe oë bekyk.
In hierdie laaste episode van die huidige seisoen, kyk die twee terug na die jaar wat was…….
Luister na Episode 13 hier:
2024 was ’n groot jaar vir die Mevrouens – wie het nou ooit gedink dat sosiale media en tegnologie die wenke sal bring wat hulle lewens vir ewig sal verander?
Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het vir die eerste keer ook iets nuuts saam met hulle mans begin doen – Dianne en Deon op die stoep waar hulle elke oggend die breine oefen, en Gerda en Tony op hulle matte in die aand om die lyf bietjie reg te ruk.
Hierdie was die jaar waartydens hulle kennis gemaak het met nuwe massering sessies, en die wonder van die wildtuin weer ontdek het.
En natuurlik, is hulle smaak kliere gekielie deur die nuwe drankies wat hulle leer skink het.
So pop hulle die sjampanje bottel op die jaar wat was en op wat vir hulle wag.
Gerda en Dianne wens al ons luisteraars ’n Voorspoedige 2025 toe.
Mevrou Mevrou is ‘n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee “gesoute” radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
Luister na die vorige episodes:
Show's Stories
-
VIDEO: South African Dakar heroes receive warm welcome home
Henk Lategan and Brett Cummings have made their home after a gruelling D...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
Should SA also ban social media for under 16s?
Australia recently passed a landmark ban that has led to a lot of mixed ...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago