LUISTER: Mevrou kry die appel onder die stamboom
Updated | By Gerda de Sousa
Daar is niks lekkerder as om te gaan kyk hoe die
voorgeslagte gelyk het nie – daardie swart-en-wit foto's wat jou meer leer oor
waar jy vandaan kom...
Mevrou is besig om te soek na die appel in die lang gras onder die familieboom. Daarmee saam vloed die herinneringe terug en voor hulle dit kon keer, ook die trane. Die nostalgie laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk sommer huil en lag op dieselfde tyd.
Luister na Episode 7 hier:
Dianne is besig om haar familie se stamboom na te vors en so kom sy en haar dogter, Robyn, af op ou foto's op die internet – kompleet met die familie lede se name en die datums waarop die foto's geneem is.
In die Broodryk-huis het dit nou 'n nuwe stokperdjie geword – om te sien wie hulle kan opspoor om so al die takke van dié boom te kry.
Van die geboortedatums, tot die troudatums, en selfs sterfdatums – alles deesdae net met die druk van 'n knoppie ver weg.
Vir Gerda bring dit skielik herinneringe wat sy gedink het sy al lankal nie meer oor huil nie.
Haar pa is al meer as twee dekades terug oorlede, maar sy het met 'n skok besef dat haar man nou ouer is as wat haar pa was toe hy oorlede is.
Met 'n laggie en 'n traan, stap Gerda en Dianne die geskiedenis pad af...
Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
Luister na die vorige episodes:
Show's Stories
-
VIDEO: South African Dakar heroes receive warm welcome home
Henk Lategan and Brett Cummings have made their home after a gruelling D...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
Should SA also ban social media for under 16s?
Australia recently passed a landmark ban that has led to a lot of mixed ...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago