Mevrou maak haar stem dik
Updated | By Dianne Broodryk
Dis
verkiesingstyd en die Mevrouens is skoon uit hulle kassies – of eerder
stembussies.
Dis 30 demokratiese jare later, maar hulle onthou die 1994-verkiesing asof dit gister was. Nie net kon die Mevrouens vir die eerste keer ook stem nie...
Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het hulle joernalistieke tande gesny tydens Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing. Die grootste storie in die land se moderne geskiedenis – en die Mevrouens was daar om dit te skryf!
Gerda onthou hoe bibberkoud dit aan die Oos-Rand was toe sy as vrywilliger bokse vol stembriewe gaan sleep het.
Bokse vol hoop vir 'n beter toekoms. Ook hoe sy soos 'n aap in 'n boom by die Uniegebou gesit het om mooi te kon sien hoe Nelson Mandela sy presidentsbelofte aflê... tot daai tak begin kraak het!
Dianne was in 1994 'n nat-agter-die-ore SABC-verslaggewer, en was deel van die span wat saam met Generaal Constand Viljoen se politieke veldtog vir 'n Volkstaat rondgevlieg het.
Hoe sy 'n kollega op die langpad met warm whisky en Disprins amper dood gedokter het.
En hoe sy en daardie selfde kollega snot-en-trane gehuil het toe dit uiteindelik hulle beurt was om in die kruisie tou te staan.
Die Mevrouens weet al te goed hoe ver ons gekom het sedert die jare van onrus en onlus, gruwels en vergifnis, vrese en vrede.
Die geskiedenis in vandag se skoolboeke het voor hulle oë ontvou.
Hulle het bloed, sweet en trane sien vloei en daarom weet hulle hoe kosbaar die reg om te stem vandag steeds is.
Mevrou maak haar stem dik: "As jy nie stem nie, moet jy nie kla nie."
Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Luister ook na die vorige episodes:
Show's Stories
-
Agnes Keleti, world's oldest Olympic champion, dies at 103
Agnes Keleti, the world's oldest Olympic champion and Holocaust survivor...
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago -
WhatsApp to stop working on specific iPhone models
If you own an older iPhone, there might be some issues using WhatsApp so...
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago