LUISTER: Mevrou probeer die November vloermoere oorleef
Updated | By Gerda de Sousa
Met 'n skok besef skok Mevrou dat mense se geduld en hulle vlakke van verdraagsaamheid lê laag in November...
Miskien is dit 'n einde-van-die-jaar probleem, of dalk was die jaar net lank, want in die parkeerareas en in die winkels sien Mevrou net moeilike mense.
Maar dan onthou Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle is nie heeltemal onskuldig nie. Almal het maar hulle limiet en hulle was self al deel van 'n vloermoer of twee...
Luister na Episode 8 hier:
Gerda het besluit sy gaan nou net blomme dra – om 'n gevoel van vrede na die buite wêreld te stuur, nadat sy moes aanskou hoe 'n man sy humeur heeltemal in die winkel verloor het oor die verpakking van wegneem susji!
Om nie eers van die malligheid in die parkeerareas buite winkels en in sentrums te praat nie – dis asof mense bereid is om mekaar van die pad af te ry voor die Desember-vakansie hier is.
Vir Dianne het dit gevoel of sy 'n aar in haar kop bars toe die vrou agter die toonbank vir haar sê sy moet eerder haar klaar gekookte hoender by die winkel langsaan gaan koop.
Is die vrou van haar kop af as sy klliënte na die kompetisie toe verwys?
Is mense net besig om alle gesonde verstand te verloor so aan die einde van die jaar?
Maar dan besef die twee Mevrouens hulle is besig om die klippe te gooi terwyl hulle lekker in hulle glashuis sit... hulle was self al skuldig daaraan dat hulle naam in die winkels weg gegooi het.
Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
Luister na die vorige episodes:
Show's Stories
-
VIDEO: South African Dakar heroes receive warm welcome home
Henk Lategan and Brett Cummings have made their home after a gruelling D...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
Should SA also ban social media for under 16s?
Australia recently passed a landmark ban that has led to a lot of mixed ...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago