LUISTER: Mevrou oefen om Kersfees fiks te word
Updated | By Gerda de Sousa
Mevrou vang die Kersfees gees, maar dit is nie 'n
maklike oefen om Kersfees fiks te word nie.
Dit begin by die gesukkel om die Kersboom te laat staan en dan die stryery om die versiersels perfek te kry. Wat kom eerste – die liggies of die balletjies?
Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is dié fees-seisoen by die huis en die prioriteit is om die Kersfees-gees perfek in elke kamer te hang...
Luister na Episode 12 hier:
Gerda vat die Kersfees-versierings hierdie jaar baie ernstig, want die De Sousas is elke dag by die huis – en die gees moet hoogty vier.
Sy het klaar gesweet om die Kersboom te laat staan en die liggies flikker.
Dianne glo sy kan die handleiding skryf oor die perfekte manier om 'n Kersboom op te maak – die liggies moet eerste op.
Sy is ook by die huis en spog met 'n helderblou swembad, gereed vir die warm-vakansie-dae.
Die twee Mevrouens maak planne vir Kersfees – en behalwe vir die Kersboom, is die spyskaart natuurlik ook hoog op hulle prioriteitslys.
Maar wat gaan hulle doen met al die kos as die families nou klaar geëet het?
Die twee het die wonderlike idee om die week na Kersfees hulle oorskiet kos te deel, sodat die vreugde tot aan die einde van die jaar strek!
Geseënde en veilige Kersfees aan almal.
Mevrou Mevrou is ‘n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee “gesoute” radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
Luister na die vorige episodes:
Show's Stories
-
VIDEO: South African Dakar heroes receive warm welcome home
Henk Lategan and Brett Cummings have made their home after a gruelling D...
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
Should SA also ban social media for under 16s?
Australia recently passed a landmark ban that has led to a lot of mixed ...
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago