Mevrou pak af oor sy moet oppak
Updated | By Gerda de Sousa
Hierdie episode kom met 'n waarskuwing – Mevrou huil en lag
op dieselfde tyd, dis 'n emosioneletuimel trein!

Mevrou pak bokse, meubels en klere – hulle trek.
In die derde episode van Mevrou Mevrou, bars Gerda de Sousa sommer in trane uit terwyl sy vir Dianne Broodryk vertel van haar frustrasies toe hulle van een buurt na 'n ander getrek het.
Mevrou se gemoed pak op, want sy moet oppak.
Hulle het 'n nuwe huis gekoop en dié eerste trek in 20 jaar is 'n groot verandering vir iemand wat gewoonlik skop teen veranderings.
Om te trek is nie verniet een van die drie mees traumatiese ondervindings wat mens in jou lewe kan deurgaan nie.
Dis nie net die bokse pak wat te veel word nie, dis die feit dat die lewe om Mevrou steeds soos normal voortaan terwyl hare op die kop gedraai is.

Mevrou Mevrou is 'n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Luister na die vorige episodes:
Show's Stories
-
Woman shows how many Easter eggs she bought
How much is too much when it comes to buying Easter eggs?
The Workzone with Alex Jay 18 hours ago -
Enjoy a rainbow Easter weekend at Melrose Arch
This weekend, Melrose Arch transforms into a wonderland of colour and f...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 18 hours ago