LUISTER: Mevrou se skandes by die hoërskool reünie

LUISTER: Mevrou se skandes by die hoërskool reünie

Mevrou mis nie 'n hoërskool reünie nie, want dit is 'n hoogtepunt op haar tien-jaar kalender wanneer daar weer soos op skool gekuier word. 

Mevrou Mevrou S2 Episode 5
Jacaranda FM

Die matrie reünie is daardie een aand wanneer die skool bynaam weer afgestof word en die herinneringe in oorvloed terug vloei. 

Natuurlik word die skandes en die sondes van die hoërskool jare ook onthou. 

In dié episode, praat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk uit oor wat hulle al by 'n matriek reünie gesien en beleef het...

Luister na Episode 5 hier:

Gerda de Sousa sal nooit haar tien jaar matriek reünie vergeet nie, want dit was die naweek toe sy verloof geraak het.

Vir haar reünie is dit terug platteland toe, Vryburg toe, vir 'n naweek van nostalgie en om weer die wortels van haar groot word jare te voed.

Dianne Broodryk se alma mater is in die Moot in Pretoria en alhoewel sy nie ver hoef te ry nie, is dit ook asof sy binne 'n oogwink terug gevoer word na 'n plek en tyd wat sy somtyds vergeet.

Sy kry haar gereelde herinninge van haar hoërskool jare van haar vriendin, wat eens op 'n tyd haar onderwyseres was.

Hoe snaaks om nou die Juffrou op haar voornaam te kan noem.

Mag mens dit doen, wonder dié twee?

Hulle jare stap aan, maar maak geen fout nie – die Mevrouens onthou nog elke woord van hulle skoollied – en natuurlik is die skool skandes ook iets waaroor hulle voel hulle nou maar kan uitpraat.

Mevrou Mevrou S2 E5 Banner
Jacaranda FM

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou mobile card image with Arrie Nel logo
JacPod

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.

Luister na die vorige episodes:

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories