Mevrou se nuwe seisoen

Mevrou se nuwe seisoen

Die Mevrouens het ontwaak na hulle winterslaap en uit kom die selfone om die kuiers in die kalender in te skryf. 

Mevrou Mevr S2 Ep1
Jacaranda FM

Daar is baie om op te vang, want die een se tande is nie meer agter tralies nie en die ander een dink sy het die raaisel oor haar geheimsinnige allergiese reaksie sommer self opgelos. 

Dis die begin van nuwe seisoene en Gerda de Sousa en Dianne Broodryk klets te lekker... totdat een oor haar woorde struikel.

Luister na die eerste episode van 'Mevrou Mevrou' seisoen twee hier:

Dit voel vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk of hulle mekaar jare laas gesien het, net omdat die lewe so mal en vinnig geraak het dat hulle net eenvoudig nie tyd kon inpas vir 'n lekker kekkel sessie nie.

Vir Dianne Broodryk voel dit of sy weer soos 'n klein dogtertjie kaalvoet op die strand kan dans, noudat die draadjies van haar tande af is.

Gerda de Sousa se storie is ook strand verwant en laat terug dink aan haar allergiese reaksie tydens hulle see vakansie aan die einde van verlede jaar.

Sy reken sy het nou uitgevind wat tot haar gejeuk gelei het, al was daar nooit enige mediesetoetse gedoen nie.

Die Mevrouens skop seisoen twee af met die grimering, die draadjies en prys van tandepasta wat heel duidelik niks is om oor te lag nie. 

Mevrou Mevrou S2 Ep1 Banner

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou aan jou gebring deur Arrie Nel Apteekgroep
JacPod

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Hierdie seisoen van Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.

Luister na die vorige episodes:

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories