Mevrou se sonde met die bure
Updated | By Gerda de Sousa & Dianne Broodryk
Die
Mevrouens het al in baie areas gewoon - sommige van die bure word familie,
maar dan is daar daardie karakters wat mens laat wonder wat jy in jou vorige lewe
gesondig het om dit te verdien.

Gerda de Sousa en Dianne Broodryk onthou die bure wat met tye die straat laat brul het, en nie van plesier nie.
Of miskien was Mevrou se huishouding die bure met die sonde.
In dié episode gesels die Mevrouens oor wat al in die agterplaas by die bure aanskou was.
Luister na episode drie hier:
Gerda de Sousa koer oor die straat waar hulle twee jaar terug ingetrek het – saam met van die bure skink sy elke Vrydagmiddag 'n glasie om die week te vier.
Die ander bure het goeie vriende geword, en hulle deel meel en suiker.
Maar dit was nie altyd so nie.
Sy dink terug aan die seuntjie wat die eiers teen haar voordeur gegooi het!
Dianne Broodryk het die bure gesien kom en gaan in die straat waar haar gesin al oor die twee dekades lank bly.
En dié Mevrou onthou daardie een noodlottige middag toe haar hond by die hek uit gehardloop en die buurman se baie kleiner hondjie sonder enige waarskuwing aangeval het.
Sy wonder of dit beteken hulle was dan die bure wat die sonde straat toe gebring het.

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
Luister na die vorige episodes:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Hilarious moment JHB husband reveals painting of wife
When you see yourself through the eyes of your spouse...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 21 hours ago -
Get ready to roller skate at Rollercade Pretoria
Have you visited Menlyn Park's biggest and best roller-skating family ri...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 21 hours ago