Mevrou verbreek die 11de gebod
Updated | By Gerda de Sousa & Dianne Broodryk
Mevrou het ‘n dilemma … mag ‘n mens foto’s opskeur?

Nie ál die foto’s nie, maar daai oues wat jy nog gehou het vir wie-weet-hoekom en wie-weet-wie.
Foto’s waarop jy niemand meer herken nie op plekke wat jy nie meer kan onthou nie.
Die een Mevrou wil net skeur, die ander Mevrou lig ‘n wenkbrou.
In die eerste episode van dié nuwe JacPod potgooi, is die vraag op Mevrou Mevrou se lippe of daar nie dalk ‘n gebod hieroor is nie?
Die storie begin by Gerda de Sousa wat oppak om te trek en op ou foto’s
afkom.
Ván dit gee jou heimwee – soos die foto van toe sy en Dianne Broodryk graad gevang het.
Maar wat gemaak met die ander foto’s wat niks vir enige iemand beteken nie?

Mevrou Mevrou is ‘n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee “gesoute” radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Show's Stories
-
Crazy video shows bakkie in a pool after an accident
That awkward moment when you take a turn too fast, crash through a wall,...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 22 hours ago -
Visit the MiFitness Kids at Syringa Park, Avianto Estate
MiFitness Kids is home to the biggest play park in Syringa Park – a mas...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 22 hours ago