LUISTER: Mevrou smeer haar verjaarsdag met kasterolie
Updated | By Gerda de Sousa
Mevrou verjaar en dit is tyd grootmens geskenke!
Soos wat sy plek soek vir al die kersies op die verjaarsdag tert, besef Mevrou sy het nou die ouderdom bereik waar dit nie meer saak maak of sy partytjie hou of nie.
En ja, twee Mevrouens bymekaar is 'n partytjie.
Dianne Broodryk vier haar verjaarsdag en Gerda de Sousa reken dié jaar se persent is die mees volwasse een wat sy nog gekoop het.
Dis nie badgoed of handeroom nie, maar natuurlik sluit dit die nuwe gier van 'n bottel kasterolie in...
Luister na Episode 9 hier:
Dianne verjaar en daar is geen manier wat die Mevrouens dit nie vier nie – nogal met 'n tert wat amper uit sy omhulsel uitgeval het oppad kantoor toe.
Maak nie saak nie, want dit gaan lank nie meer oor die eetgoed nie, en ook nie oor die grootte van die partytjie nie.
Vir Dianne, is dit daardie sielsgelukkige-oomblikke van oproepe vroeg in die oggend, en persente wat van die hart af kom.
Gerda meen hulle is nou oud genoeg vir grootmens geskenke, en sy is dood oortuig dat sy hierdie jaar kolskoot getref het met haar persent vir Mevrou.
Dis nie aldag wat mens 'n rede kry om kasterolie te koop nie!
Die twee reken die beste verjaarsdag viering is die een waar almal maar net inval en kom koffie en koek.
Maar hulle gee toe dat daar darem min dinge so lekker is soos ‘n lekker partytjie waar almal sing en op die tafels dans … as hulle nog kan opkom...
Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
Luister na die vorige episodes:
Show's Stories
-
VIDEO: South African Dakar heroes receive warm welcome home
Henk Lategan and Brett Cummings have made their home after a gruelling D...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
Should SA also ban social media for under 16s?
Australia recently passed a landmark ban that has led to a lot of mixed ...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago