LUISTER: Mevrou wonder oor die 'doeke braai'

LUISTER: Mevrou wonder oor die 'doeke braai'

Mevrou se dagboek is ewe skielik vol tee partytjies, troues, ooievaar tees en nou – vir die eerste ooit – ook 'n doeke braai! 

Mevrou Mevrou S2 Episode 6

Die nuwe neigings van die jong mense se partytjie reëls en regulasies het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk aan die wonder oor wat mens moet gee as geskenke. Om nie te praat van al die uitrustings wat jy reg moet hou vir al die verskillende vierings nie... en die baba is nog gebore word…

Luister na Episode 6 hier:

Gerda en Dianne is gewoonlik goed op datum met al die nuwe partytjie neigings, maar deesdae voel hulle bietjie ontkant betrap.

Die nuwe generasie hou hulle dagboeke vol met alles van troues tot by die geboortes... en blykbaar is daar tussen dié twee baie nuwe tema partytjies.

Vir Gerda is die grootste probleem wat mens mag gee as 'n geskenk.

Sal 'n ou geldjie in 'n koevert nog werk?

Is dit nie beter om die bruid of die swanger ma self winkel toe te vat vir 'n inkopie sessie nie?

Dianne breek die nuus dat die geskenk nie die grootste probleem is nie – die uitdaging is eerder om by te hou met die verskillende saamtrekke.

Sy het onlangs geleer van die 'doeke braai' wat vir die pa gehou word - en waar net die mans toegelaat word.

Dis nou vir wanneer die vrouens by die ooievaarstee is. 'n Hele partytjie vir net doeke...

Mevrou Mevrou S 2 E 6 banner

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou aan jou gebring deur Arrie Nel Apteekgroep
JacPod

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Mevrou Mevrou word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.

Luister na die vorige episodes:

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories