LUISTER: Die preker wat moord as kollekte geëis het| True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe

LUISTER: Die preker wat moord as kollekte geëis het

Die skilderagtige Suid-Kaapse tuinroete is in 2021 geskok gelaat toe 'n gewilde preker tronk toe gestuur is vir die moord op een van sy gemeentelede. 

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is terug met ‘n nuwe seisoen!
JacPod

Wat in die hof aan die lig gekom het, was nie net hoe Hlompho Koloi vermoor is nie, maar die lewenspolisse wat die man bekend as Pastoor Mongo - ook in die naam van ander gemeente lede uitgeneem het. Episode vier van dié reeks vertel van die hartseer wat die pastoor en sy vrou onder 'n kerk gemeenskap gesaai het. 

Luister na dié week se episode:

Op 5 Julie 2018, maak Hlompho Mohapi Koloi reg vir 'n werksonderhoud by die George Lughawe in die Suid-Kaap.

Maar sy het nooit weer terugkeer huis toe nie. Haar liggaam is ure later op die grondpad na Voëlklip gekry. 

Hlompho Koloi
Hlompho Koloi (Foto: Facebook/Patricia Koloi)
Hlompho Mohapi Koloi
Hlompho Koloi (Foto: Facebook/Hlompho Wa Basotho Mohapi)
Hlompho se twee jong dogtertjies
Hlompho se twee jong dogtertjies (Foto: Facebook/Hlompho Wa Basotho Mohapi)

Die ondersoek na haar moord het 'n koelbloedige slenter storie en bedrogspul oopgevlek, en in die middel daarvan 'n man wat deur die gemeenskap en die gelowiges in sy kerk vertrou en gevolg is.

Self aangewysde Pastoor Melisizwe Mongo – en sy vrou - het daarin kon slaag om die lede van sy nuut gevormde kerk om die bos te lei sodat niemand ooit agter gekom het van hierdie ingewikkelde web van leuens, versekerings bedrog en moord nie.  

Pastoor Mongo
Pastoor Melisizwe Mongo (Foto: Facebook/Siphosihle Pamba)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op Jacpod

Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Dis die eerste potgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.

Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa. 

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

Intussen kan jy ook gaan luister na verlede week se episode oor die Springs Huis van Gruwels:

Luister na al die vorige episodes hier:

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde 'True Crime South Africa'-reeks.

Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa
Nicole Engelbrecht successful true crime podcaster in South Africa/Facebook/@nicolengelbrecht

Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad podgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.

Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' potgooi-reekse.

'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.

Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.

Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.

Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.

Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder: 

Show's Stories