Ryk Neethling se suster sterf

Ryk Neethling se suster sterf

Ryk Neethling se suster, Elsje, 43, is Saterdagaand oorlede. 

Ryk Neethling se suster sterf
Instagram/Ryk Neethling

Die Olimpiese swemmer, Ryk Neethling, se suster is Saterdagaand oorlede. 

Jean-Marié Neethling Stander, Ryk se jongste suster, het die hartseer nuus op Instagram bevestig. 

"Ons mooi dogter en suster, Elsje, is gisteraand vreedsaam in Hermanus oorlede. Sy het tot die einde gestry soos net Elsje kon, maar sy is nou in 'n beter plek sonder die pyn en leiding wat sy 30 jaar lank verduur het, veral die afgelope twee jaar."

"Jy het gewen; nou kan jy rus. Mis jou alreeds só ongelooflik baie," het Jean-Marié geskryf. 

Elsje was 13 jaar oud toe breinkanker vir die eerste keer by haar gediagnoseer is. 

Volg ons op sosiale media: 

Image credit: Instagram/ Ryk Neethling

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories