LUISTER: Die Wemmer Pan-reeksmoordenaar | True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe
Updated | By Gerda de Sousa
Cedric
Maake het op sy eie vir 'n jaar lank 'n terreur van verskrikking regoor
verskeie buurte van Johannesburg gesaai.
Maake het sy slagoffers in 1997 met 'n hamer getakel, geskiet, verkrag en beroof, maar dit was sy reeksmoorde by Wemmer Pan wat tot sy uiteindelike inhegtenisneming gelei het.
Episode 6 van 'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe' vertel die storie oor een van die mees berugte reeksmoordenaars in die land se geskiedenis .
Luister na die episode hier:
Cedric Maake was 'n reeksmoordenaar soos geen ander een voor hom nie.
Hy het nie net een metode van aanval gehad nie, Maake het toegeslaan op vyf verskillende maniere.
Hy het ook nie 'n voorkeur gehad vir die slagoffers wat hy sou aanval nie – Maake het nie omgegee vir sy slagoffers se ras, ouderdom of geslag nie.
Sy skrikbewind is gestop, toe die destydse top speurder, Piet Byleveld, aan die hoof van die ondersoek gestel is om die Wemmer Pan aanvalle, verkragtings en moorde te ondersoek.
Dit was Byleveld wat uiteindelik besef het dat die Wemmer Pan-moorde ook verbind kan word met die kapings, huisrooftogte, hamer-aanvalle en moorde in ander dele van Johannesburg.
Voor sy afsterwe, het Byleveld die Maake-ondersoek beskryf as een van die mees insiggewendes van sy loopbaan.
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n bekroonde Afrikaanse potgooi reeks, eksklusief op JacPod.
Dié episodes fokus op opgeloste en onopgelose misdade wat Suid-Afrika geskok het.
Dis die eerste podgooi van sy soort om ook te fokus op die impak wat die misdade op die slagoffers gehad het.
Die reeks word vertaal en aangebied deur Jacaranda FM se Gerda de Sousa.Luister na verlede week se episode:
Luister na al die vorige episodes hier:
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde 'True Crime South Africa'-reeks.
Nicole Engelbrecht is 'n ware misdaad potgooi skepper, skrywer en neem ook audio-boeke op.
Sy is die skepper van die gewilde 'True Crime South Africa' en 'I Lived Through This' potgooi-reekse.
'True Crime South Africa' is gereeld bo-aan die ranglys as een van die potgooi-reekse wat die meeste na gesluiter word, selfs wanneer dit met internasionale reekse vergelyk word.
Nicole se eerste misdaad boek, 'Samurai Sword Murder: The Morné Harmse Story' is in Oktober 2022 vrygestel. Haar tweede boek, 'Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart', is in Mei 2024 vrygestel.
Nicole werk ook saam met TV-produksie-maatskappye om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. In 2021, het die eerste van dié samekwerking ooit met ‘n podgooi reeks met Showmax gelei tot die bekroonde reeks, 'Devilsdorp: The Official Companion Podcast'.
Nicole bly in Kaapstad, waar sy by diere organisasies help as 'n vrywilliger. As sy nie besig is in die wêreld van ware misdaad nie, geniet sy dit om na ander podgooi-reekse te luister, en lees ook graag.
Luister na die bekroonde Engelse reeks, hieronder:
Show's Stories
-
The Januworry version of a popular alcoholic shooter
People are still feeling the holiday blues as we move into the longest m...
The Workzone with Alex Jay 6 hours ago -
Karaoke Kong invites you to be their first Superstar of 2025
If you love karaoke then this one's for you!
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 6 hours ago